African
Journals Online
Acta Academica
Volume 33, Issue 1, 2001
ABSTRACTS
Doubling effects in Michael K: the text, the language and the writer
Sarinjeive, Devi
Abstract: This paper seeks to correct binary
readings of Life & Times of Michael K by using a post-modernist
paradigm that takes into account contradictions and paradoxes in the text. By
reading through a revisionary postmodern escape-entrapment framework, the encoded
presence of resistance and its effectiveness in praxis in the allegorical
narrative and language are assessed. It is also shown how the writer, J.M.
Coetzee, in his discursive practices and philosophical standpoint, is caught up
in the linguistic web he himself weaves.
Verdubbelingseffekte
in Michael K: die teks, die taal en die skrywer
Hierdie
artikel poog om 'n binêre lesing van Life & Times of Michael K te
korrigeer deur van 'n postmodernistiese paradigma gebruik te maak wat die
teenstrydighede en paradokse van die teks in ag neem. Deur aan die hand van 'n
hersienende, postmodernistiese "escape-entrapment"-raamwerk te lees
word die geënkodeerde aanwesigheid van weerstand en die effektiwiteit daarvan
in die praktyk in die allegoriese verhaal en die taal beoordeel. Daar word ook
gewys hoe die outeur, J.M. Coetzee, in sy redenering en filosofiese standpunte
vasgevang word in die linguistiese web wat hy weef.
Institutionalising parliament in South Africa: the
challenges to parliamentary leadership
Kotze, Hennie
Abstract: As democratisation moves from a
transitional phase to one of consolidation, the legislature becomes integral to
the process. In South Africa, the conflict-regulating capacity of the new
democratic system is determined to a large extent by the constitutionally
created institutions, on the one hand, and political leadership, on the other.
This study will attempt to gauge the attitudes of the South African elites and
the public to the performance or worth of parliament as an emerging institution
in the aftermath of the country's first democratic elections, and in so doing,
to ascertain the progress of the institutionalisation process. It is argued
that attitudes are based primarily upon the performance of parliament, with the
parliamentary leadership and the opportunities and dilemmas it faces forming
the core of this discussion.
Die
institusionalisering van die parlement in Suid-Afrika: die uitdagings vir
parlementêre leierskap
In die
oorgangsfase van transisie na konsolidering word die wetgewende gesag 'n
integrale deel van die konsolideringsproses in nuwe demokrasieë. In Suid-Afrika
word die konflikregulerende kapasiteit van die nuwe demokratiese stelsel in 'n
groot mate bepaal deur die konstitusioneel-ontwerpte instellings en politieke
leierskap. Hierdie studie poog om elite en openbare houdings oor die
werkverrigting of waarde van die parlement as 'n ontluikende demokratiese
instelling te toets ten einde vordering in die institusionalisering daarvan vas
te stel. 'n Groot deel van die bespreking word gewy aan die bestaande houdings
oor die waarde van die parlement, en die geleenthede en dilemmas wat dit aan
die parlementêre leierskorps bied.
Music as an agent to human development: a systems approach
Van Schalkwyk, Gertina
Abstract: Human beings are uniquely rhythmic
beings - without rhythm there is no life. From conception to death the human
being is embedded in rhythmic patterns and pulsations. Patterns of biological
and personal functioning represent the everchanging rhythmical dance of life.
This article will discuss the connections between the structural and functional
components of the individual and music. The dynamic processes observed in the
interactions between the human being and music in various contexts lead to an
understanding of the dynamics of developmental outcomes which are never a
steady hum, but rather symphonic.
Musiek
en menslike ontwikkeling: 'n sistemiese benadering
Die mens is
'n unieke ritmiese wese - sonder ritme is daar geen lewe nie. Van konsepsie tot
die dood is daar 'n verweefdheid met ritmiese patrone en die polsing van die
lewe self. Patrone en prosesse van biologiese en persoonlike funksionering is
'n voortgaande ritmiese dans. In hierdie artikel word die verwantskap tussen
die strukturele en funksionele komponente van die individu en musiek bespreek.
Dit is 'n dinamiese proses wat uit die interaksies tussen die mens en musiek in
verskillende kontekste lei tot 'n nuwe begrip vir die dinamiese
ontwikkelingsuitkomste wat in die simfonie van die lewe teenwoordig is.
Practise what you preach: Stanford's German songs
Van der Mescht, Heinrich
Abstract: Charles Villiers Stanford
(1852-1924) had an immense influence on the young composers who were his
students at the Royal College of Music in London where he taught from 1883.
Unlike many other composers, Stanford committed his views on composition to
paper: they are to be found in his book Musical composition: a short
treatise for students (1911) and in certain chapters (especially "The
composition of music") of his book Interludes, records and reflections
(1922). The application of his strict ideas on composition to his own German
songs (all eighteen on texts by Heine), reveals that he generally adheres to
his own advice: he practises what he preaches. An analysis of the songs also
shows them to be worthy of much wider recognition. With a few exceptions, the
meaning of the text is very convincingly and movingly conveyed.
"Practise
what you preach": Stanford se Duitse liedere
Charles
Villiers Stanford (1852-1924) het 'n baie groot invloed uitgeoefen op die jong
komponiste wat sy studente was aan die Royal College of Music in Londen waar hy
vanaf 1883 klas gegee het. In teenstelling met baie ander komponiste het
Stanford sy mening oor komposisie op skrif gestel. Dit word gevind in sy boek Musical
composition: a short treatise for students (1911) en in sommige hoofstukke
(veral "The composition of music") van sy boek Interludes, records
and reflections (1922). Wanneer Stanford se streng idees oor komposisie
toegepas word op sy eie 18 Duitse liedere (almal op tekste van Heine) word
vasgestel dat hy meesal sy eie advies gevolg het. Hy het uitgevoer wat hy self
voorgestel het. 'n Analise van die liedere toon dat hulle op baie meer
erkenning geregtig is. Hulle is liedere waarin, op enkele uitsonderings na, die
betekenis van die woordteks baie oortuigend en roerend uitgebeeld word.
Die uitbeelding van swart mense in Suid-Afrikaanse
skoolgeskiedenishandboeke
De Wet, Corene
Abstract: Kurrikulum 2005 en die
Chisholm-verslag het die doodsklok vir geskiedenis as 'n afsonderlike
dissipline in Suid-Afrikaanse skole gelui. Geskiedenis sal in die toekoms deel
van mens- en sosiale wetenskappe vorm. Die doel van hierdie artikel is om aan
die einde van 'n era met betrekking tot skoolgeskiedenis 'n oorsig te bied van
skrywers van skoolgeskiedenishandboeke se uitbeelding van swart mense. Uit die
ondersoek blyk dit dat 1994 as 'n waterskeidingsjaar beskou moet word. Voor
1994 was swart mense gesiglose randfigure in skoolgeskiedenishandboeke. Hulle
optrede, geloof en beskawing is fel gekritiseer. Na die eerste demokratiese
verkiesing is daar 'n totale paradigmaverskuiwing. Skoolgeskiedenishandboeke
verteenwoordig nou die siening van swart mense en die blanke koloniste en
apartheidsregering word die teiken van meedoënlose kritiek.
The
portrayal of black people in South African school history textbooks
Curriculum
2005 and the Chisholm Report tolled the knell of history as an individual
discipline in South African schools. In future history will form part of the
human and social sciences. The purpose of this article is to provide an
overview of the portrayal of black people in school history textbooks. It
appears that 1994 was a watershed year. Before then, black people were
represented as faceless, peripheral figures in school history textbooks. Their
actions, religion and civilisation were strongly criticised. After the first
democratic election a total paradigm shift occurred. School history textbooks
now represent the view of black people; hence white colonists and the apartheid
regime have become the target of scathing criticism.
Strategies for ensuring sustainable democracy in South Africa
Hilliard, Victor G.; Notshulwana, Mxolisi
Abstract: This article examines the South
African experience of democracy and focuses in particular on the
democratisation of South Africa's government and administration. The
democratisation process has not been problem-free. The tone was set by the
negotiation of the 1993 Interim Constitution Act, and later the promulgation of
a 1996 Constitution Act. Both these Constitution Acts made provision for a host
of human rights and for a democratic dispensation intended to function in a
multiparty context. To promote sustainable democracy, and to ensure that the majority
of constitutional principles are upheld as far as possible, various checks and
balances have to be built into the South African governmental system. It is
essential that all public functionaries be accountable for their actions and/or
lack thereof. This article examines some of the mechanisms or strategies to
keep democracy vibrant and to ensure that public functionaries serve the
general good, and do not pursue selfish, parochial interests.
Strategieë
om 'n volhoubare demokrasie in Suid-Afrika te verseker
Hierdie
artikel ondersoek hoe die demokrasie in Suid-Afrika ervaar word en fokus veral
op die demokratisering van die Suid-Afrikaanse regering en administrasie. Die
demokratiseringsproses was nie sonder haakplekke nie. Die onderhandeling van
die interim Grondwet in 1993 en die promulgering van die Grondwet in 1996 was
toonaangewend vir die demokratiseringsproses. Albei hierdie Grondwette het
voorsiening gemaak vir 'n wye verskeidenheid menseregte en vir 'n demokratiese
bestel wat in 'n veelpartyopset moet funksioneer. Om volhoubare demokrasie te
bevorder en om te verseker dat die meerderheid van die grondwetlike beginsels
sover moontlik gehandhaaf word, moet verskeie wigte en teenwigte in die
Suid-Afrikaanse regeringstelsel ingebou word. Dit is noodsaaklik dat alle
openbare funksionarisse verantwoordelik gehou moet word vir hulle optredes of
die versuim daarvan. Hierdie artikel ondersoek sommige van die meganismes of
sogenaamde strategieë om die demokrasie lewenskragtig te hou en om te verseker
dat elke openbare funksionaris die algemene welsyn dien en nie selfbelang
najaag nie.
An eye for an eye: ocular motifs and picaresque envisagement in pictures
Van den Berg, Dirk
Abstract: Conjectures regarding portraits of
the Fool as performative hyper-icons in the picaresque tradition initiate an
investigation of canny performances of duplicity in pictures on display. The
focus falls on performances of unexpected convolutions acted out by spectators
while looking repeatedly at deceptive pictures. The emphasis is on the role of
the eye in visual shaping and in iterated performance of rhetorical roles and
on recurrent ocular motifs as typiconic features in the picaresque tradition.
'n Oog
vir 'n oog: oogmotiewe en pikareske voorstellings in prente
Besinning
oor Narreportrette as performatiewe hiperikone in die pikareske tradisie dien
as prikkel van hierdie ondersoek na geslepenheid en valsheid in prente. Die
fokus val op toeskouers wat opnuut en by herhaling bedrieglike voorstellings
aanskou. Klem word gelê op die aandeel van die oog in die visuele vormgewing en
herhaalde uitvoering van retoriese rolle en op herhalende oogmotiewe as
tipikoniese kenmerke in die pikareske tradisie.
Academic workload, performance appraisal and staff
development: issues of quantification, criteria, perception and affect
Ruth, Damian
Abstract: There is graving concern over the
intrusion of managerialism into academe. The debate often centres on the
concept of quality management and involves problematic assumptions about the notions
of workload, performance and development. This article problematises these
assumptions, with reference to the role of perception and affect in the
quantification of workload, the production of performance criteria, and the
construction of development programmes. It argues that these activities need to
be part of an organic process arising out of specific circumstances. There are
real conceptual difficulties involved and any failure to attend to the role of
perception and affect will seriously undermine education.
Akademiese
werkslading, prestasie-evaluering en personeelontwikkeling: kwessies van
kwantifisering, kriteria en die rol van persepsie en affek
Daar is 'n
stygende kommer oor die inbreuk wat bestuurswese op die akademie maak. Die
debat sentreer gereeld om die nosie van kwaliteitbestuur en betrek
problematiese annnames aangaande die begrippe werkslading, prestasie en
ontwikkeling. Hierdie artikel problematiseer dié aannames met verwysing na die
rol van persepsies en invloed betreffende die kwantifisering van werkslading,
die produksie van prestasiekriteria en die daarstelling van
ontwikkelingsprogramme. Daar word geargumenteer dat hierdie aktiwiteite 'n
organiese proses behoort te wees wat voortspruit uit spesifieke omstandighede.
Werklike konseptuele probleme is hierby betrokke en die onvermoë om aandag te
skenk aan die rol van persepsie en invloed kan onderwys ernstig ondermyn.
|