African
Journals Online
Acta Academica
Volume 33, Issue 2, 2001
ABSTRACTS
Early modern conceptions of "natural law"
Venter, Ponti
Abstract: This article traces the shifts in
meaning of the metaphor of "natural law" in modern thought from its
pre-modern meaning as a divine standard for human behaviour accessible to
reason. Descartes expanded this meaning to include the regularity of mechanical
bodies by posing an absolute law system for all possible worlds as a priori,
rational, and axiomatic. Newton relativised this from the perspective of the
multi-facetted governance of God. The older conception of natural law sustained
itself in economics and politicology, serving as a defence of individual
freedom and non-intervention (Petty, Locke), but (dialectically) implying a
determinism. It remained linked to Cartesian meaning via attempts by Petty,
Hobbes and Locke to construct a natural science of social life.
Vroeë
moderne opvattings van die "natuurwet"
Die artikel
omlyn die verskuiwing in betekenis van die metafoor "natuurwet" in
die moderne denke, van sy voormoderne betekenis as 'n goddelike maatstaf vir
menslike gedrag toeganklik vir die rede. Descartes het hierdie betekenis
uitgebrei om die reëlmaat van meganiese liggame in te sluit, deur 'n absolute
wetsisteem vir alle moontlike wêrelde as a priori, rasioneel, aksiomaties te
poneer. Newton het laasgenoemde gerelativeer uit 'n perspektief op die
veelfasettige regering van God. Die ouer opvatting van "natuurwet" is
gehandhaaf in die ekonomie en die politikologie, waar dit gedien het as
verdediging van individuele vryheid en non-intervensie (Petty, Locke), maar ook
(dialekties) 'n determinisme geïmpliseer het. Dit het egter verband bly hou met
die Cartesiese betekenis deur pogings van Petty, Hobbes en Locke om 'n
natuurwetenskap van die sosiale lewe te konstrueer.
The role of the Native Advisory Board and the succeeding
Urban Bantu Council of Mangaung, Bloemfontein, 1945-1973
Le Roux, Charl
Abstract: In the absence of political and
executive powers the Native Advisory Board and Urban Bantu Council of Mangaung
could do very little to remedy their community's urgent socio-economic and
political grievances. Any success depended on the arbitrary decision of the
authorities, who responded to requests only when this was of benefit to
themselves, and otherwise deferred decisions indefinitely. The two bodies
consequently had no prospect of greater powers. Their most important role was
as municipal sources of information on African socio-economic and political
needs, thought and opinion, and they proved to be in the majority of cases
responsible and persistent champions of their community's interests.
Die rol
van die Naturelle-Adviesraad en die opvolgende Stedelike Bantoeraad van
Mangaung / Bloemfontein, 1945-1973
Die
Naturelle-Adviesraad en Stedelike Bantoeraad van Mangaung het, in die
afwesigheid van politieke en uitvoerende bevoegdhede, weinig sukses met die
dringende sosio-ekonomiese en politieke griewe van die swart gemeenskap behaal.
Hulle sukses was afhanklik van die arbitrêre mag van die owerhede wat slegs aan
versoeke voldoen het indien hierdie owerhede self bevoordeel is. Andersins is
versoeke onbepaald uitgestel. Die twee liggame het gevolglik onveranderd sonder
die vooruitsig op meer bevoegdhede voortbestaan. Hulle grootste prestasie was
uiteindelik hulle rol as informante van hulle gemeenskap se sosio-ekonomiese en
politieke behoeftes, gedagtes en sienswyses, en om hulself in die meeste gevalle
as verantwoordelike en volhardende kampvegters van hulle gemeenskapsbelange te
bewys.
A demographic profile of the Cape metropolitan area, 1996 and 2021
Haldenwang, Barbel
Abstract: With a total population of 2.56
million in 1996, the Cape Metropolitan Area (CMA) is the third largest
metropole in South Africa. It is the second largest contributor to the
country's GDP, accounts for 8.0% of employment, and is a popular migration
destination, especially from the Eastern Cape. The population of the CMA is
demographically young, with more females than males, and it is dominated by the
coloured population group. Each of the six local authority areas has its own
unique demographic profile. By 2021, between 0.76 million and 1.56 million
additional people could be residing in the CMA, with Tygerberg and Central Cape
Town expected to experience the highest population growth rates.
'n
Demografiese profiel van die Kaapse metropolitaanse gebied, 1996 en 2021
Met 'n
bevolking van 2.56 miljoen in 1996 is die Kaapse Metropolitaanse Gebied (KMG)
die derde grootste metropool in Suid-Afrika. Die KMG is voorts die tweede
grootste bydraer tot die land se BBP, is verantwoordelik vir 8% van
werkverskaffing in Suid-Afrika en is 'n gewilde migrasiebestemming, veral vir
migrante uit die Ooskaap. Die bevolking van die KMG is demografies jonk met
meer vrouens as mans en gedomineer deur die Kleurlingbevolkingsgroep. Elk van
die ses plaaslike owerheidsgebiede in die KMG het 'n unieke demografiese
profiel. Teen 2021 sal die KMG na verwagting tussen 0.76 miljoen en 1.56
miljoen addisionele inwoners hê. Tygerberg en Sentraal-Kaapstad sal waarskynlik
die vinnigste bevolkingsgroei ervaar.
Urbanisation, urban dilemmas and urban challenges in Lesotho
Marais, Lochner
Abstract: With a formal urbanisation rate of
approximately 20%, Lesotho has an extremely low urbanisation level. This
article attempts to analyse current urbanisation trends and to compare various
sources of data in order to provide more insight into urbanisation trends and
the urban hierarchy. This is followed by a discussion of the urban dilemmas and
challenges which are bound to confront Lesotho in the decades to come. It is
crucial that Lesotho develop solutions to the following: random settlement
patterns which lead to occupation of arable land and ecological deterioration;
the transitional nature of population and urbanisation trends; a lack of urban
management and capacity; a lack of urban land tenure, and the lack of an
economic income base for urban areas.
Verstedeliking,
stedelike problematiek en stedelike uitdagings in Lesotho
Met 'n
formele verstedelikingskoers van ongeveer 20% het Lesotho van die laagste
vlakke van verstedeliking. Die artikel ontleed huidige verstedelikingstendense
en vergelyk verskillende databasisse om sodoende meer insig ten opsigte van
verstedelikingstendense en die stedelike rangorde te verkry. Hierdie bespreking
word opgevolg deur 'n ontleding van 'n aantal stedelike dilemmas en uitdagings
in Lesotho. Uitdagings waarvoor dringend oplossing gesoek moet word, is die
onorderlike vestigingspatrone wat lei tot die besetting van vrugbare
landbougrond en ekologiese agteruitgang; die oorgangsfase waarin die bevolking
van Lesotho en verstedeliking in die land verkeer; die gebrek aan stedelike
bestuurskapasiteit; asook die gebrek aan 'n inkomstebasis vir die meeste
stedelike gebiede.
Encopresis: a holistic approach
Badenhorst, Stefanie; Pretorius, Gertie; Stuart, Anita
Abstract: Encopresis is an often
under-reported and poorly researched complexity. Earlier treatment followed
either a medical or a psychological approach, with little acknowledgement of
the social factors involved. Only recently has the biopsychosocial model been
recognised. The purpose of this study was to evaluate the effectiveness of the
holistic treatment model with regard to the prevalence of encopresis,
depressive symptomatology, parental involvement and the self-image of the
children. The experimental group received treatment during the study while the
control group received treatment only after completion of the post-tests. The
study demonstrated a relatively high success rate using the holistic treatment
approach.
Enkoprese:
'n holistiese benadering
Enkoprese
is 'n dikwels ongerapporteerde en min nagevorsde kompleksiteit. Vroeëre
behandeling is oorsaaklik terugherlei na die mediese of die sielkundige
verklaringsmodelle. Sosiale faktore is meestal misken totdat 'n klemverskuiwing
na die biopsigososiale benadering plaasgevind het. Die navorsingsdoel was om
die effektiwiteit van 'n holistiese benadering te evalueer ten opsigte van die
voorkoms van enkoprese, depressie-simptome, ouerlike betrokkenheid en selfbeeld
van die kind. Die eksperimentele groep het die terapeutiese intervensie ontvang
terwyl die kontrolegroep slegs na voltooiing van natoetsing die terapie ontvang
het. Die natoetsingresultate dui op 'n hoë suksessyfer met die holistiese
terapeutiese benadering.
Balancing quality and access in online education
Wilkinson, Annette; Wilkinson, Liezel; Nel, Guillaume
Abstract: The new information communication
technologies offer exciting new possibilities for online/Web-based education.
Two factors have come to be viewed as central to assuring quality in this type
of education, viz the availability of adequate infrastructure and the
development of effective mechanisms for evaluating the quality of education.
Clear standards can certainly provide a basis for quality practice. The
critical issue, however, seems to be the inaccessibility of advanced
communication technologies to many potential learners. In these circumstances
it is of the utmost importance to achieve a balance between accessibility and
quality.
Ewewig
tussen gehalte en toeganklikheid in netwerkgerigte onderwys
Die nuwe
inligtingskommunikasietegnologieë het opwindende nuwe geleenthede vir
netwerkgerigte afstandsonderwys geskep. Twee uiters belangrike aspekte kom
egter na vore wanneer gehalteversekering van hierdie tipe onderwys ter sprake
kom, naamlik die toeganklikheid tot die nodige infrastruktuur sowel as die ontwikkeling
van effektiewe meganismes waamee die onderrigkwaliteit geëvalueer kan word. Die
formulering van duidelike standaarde kan sekerlik die basis van goeie
onderrigpraktyk vorm. Die mees kritieke vraagstuk is egter die ontoeganklikheid
tot gevorderde kommunikasietegnologieë van baie potensiële leerders. In hierdie
omstandighede kan die verkryging van ewewig tussen toeganklikheid en gehalte as
van die uiterste belang geag word.
Staff empowerment: creating an empowered work environment in schools
Steyn, Trudie
Abstract: Recent conceptions of leadership in
the school context suggest a shift from authoritarian models of decision-making
towards staff empowerment. Staff thus now have decision-making powers which
they lacked in the past. Principals appear to be relinquishing overt control in
the interests of staff empowerment. Yet, in practice, it is possible for
principals to gain more control than they had before. This article examines
some of the issues involved in successfully empowering staff in schools. Not
all empowerment programmes are successful and therefore the possible pitfalls
in and necessary preparation for effective staff empowerment are briefly
outlined. The article concludes by suggesting ways of redesigning school
management in order to create an empowered school environment.
Personeelbemagtiging:
die skepping van 'n bemagtigde werksomgewing in skole
Onlangse
beskouinge van leierskap in skole stel voor dat daar beweeg word van outoritêre
besluitnemingsmodelle van leierskap na personeelbemagtiging.
Personeelbemagtiging beteken dat besluitnemingsbevoegdhede aan personeel gegee
word wat voorheen nie die gesag gehad het om besluite te neem nie. Dit mag
voorkom of skoolhoofde beheer afstaan in die belang van bemagtiging. In die
praktyk is dit egter moontlik dat skoolhoofde meer beheer oor funksies verkry
as wat hulle voorheen gehad het. Hierdie artikel beskou 'n aantal kwessies wat
betrekking het op suksesvolle bemagtiging van personeel in skole. Omdat nie
alle bemagtiginsprogramme suksesvol is nie, word die slaggate van en
voorbereiding vir bemagtiging kortliks bespreek. Die artikel sluit af met
voorstelle van wyses waarop skole se bestuurstelsels herontwerp kan word om
bemagtigde skoolomgewings te skep.
Die verband tussen trekangs, diensjare en posttraumatiese
stresversteuring by polisiebeamptes
Knoetze, Johanna; De Bruin, Gideon
Abstract: Suid-Afrikaanse polisiebeamptes
word in die uitvoering van hulle pligte aan lewensbedreigende en ander
buitengewoon traumatiese situasies blootgestel. 'n Model waarin trekangs en
aantal diensjare as voorspellers van simptome van posttraumatiese
stresversteuring by polisiebeamptes gespesifiseer word, is aan die hand van
strukturele vergelykingsmodellering getoets. Die model het 'n bevredigende
passing met die waargenome data getoon. Trekangs en aantal diensjare het
gesamentlik ongeveer 30% van die variansie in simptome van posttraumatiese
stresversteuring verklaar. Enkele aanbevelings oor hoe die bevindings van die
studie gebruik kan word om posttraumatiese stresversteuring by polisiebeamptes
te voorkom, word gegee.
Trait
anxiety and years of service as predictors of posttraumatic stress disorder
among police officers
In the
course of duty, officers of the South African Police Services face highly
stressful, life-threatening situations. This article discusses a model in which
trait anxiety and years of service were specified as potential predictors of
post-traumatic stress disorder. Structural equation modelling produced a
satisfactory fit between the model and the observed data. In combination trait
anxiety and years of service account for about 30% of the variance in symptoms
of post-traumatic stress disorder. The article also makes recommendations as to
how these results may usefully be applied in order to prevent the development
of post-traumatic stress disorder among police officers.
|