African
Journals Online
Acta Academica
Vol 34, Issue 1, April 2002
'Nature', 'law', 'humanity' - the rise of Positivism, with
reference to Quesnay, Turgot and Comte
Venter, J.J.
Abstract: The positivist expansion of the metaphorical
conception of (natural) law over all aspects of human life
(ending in technicism) dialectically denies the supposedly
autonomous rational control of humankind (modernity, Kant, Marx).
The two meanings of natural law - the moral and the physical -
were unified by the physiocrat Quesnay in a single formula
stressing both the advantage of humankind and humanity's
dependence upon the subhuman environment. Another physiocrat,
Turgot, understood human history in terms of inevitable laws of
progress, and stressed the fundamental role of natural necessity
in human social formations. Auguste Comte, attempting, like
Quesnay, to unify the moral and the physical, completed the
natural science approach to human life, which forced him to find
a natural divinity in Humanity in order to give meaning to human
life, but the course towards naturalism had already been set.
`Natuur', `wet', `mensheid' die opkoms van die Positiwisme
met verwysing na Quesnay, Turgot en Comte
Die positiwistiese uitbreiding van die metaforiese konsepsie van
'n (natuur)wet wat alle aspekte van die menslike lewe beheers,
ontken dialekties die veronderstelde outonome rasionele
beheersing van die natuur deur die mens (moderniteit, Kant,
Marx). Die twee natuurwetopvattings naamlik as 'n morele
en as 'n fisiese wet is deur die fisiokraat Quesnay tot
een formule verenig, waarin sowel die voordeel van ons mensheid
as ons afhanklikheid van die benede-menslike omgewing beklemtoon
is. 'n Ander fisiokraat, Tur got, het die menslike geskiedenis
verklaar in terme van die onvermydelike wette van vooruitgang, en
het die fundamentele rol van natuurnoodwendigheid in menslike
samelewingsvorming beklemtoon. Auguste Comte het soos Quesnay
gepoog om die morele met die fisiese dimensie te verenig, en so
die natuurwetenskaplike benadering tot die menslike lewe
afgerond, waardeur hy gedwing is om, ter wille van singewing aan
die menslike lewe, 'n natuurlike godheid, die Mensheid, te
poneer. Die beweging na naturalisme was egter teen hierdie tyd
reeds gevestig.
From politics to passion : recent developments in
German-language literature
Knobloch, H.-J.
Abstract: Die Duitse literatuur van die jare negentig
van die twintigste eeu het in die teken van die politiek gestaan.
Die rede daarvoor was die Duitse hereniging, wat nie slegs 'n
terugblik op die verdwene Duitse Demokratiese Republiek tot
gevolg gehad het nie, maar ook 'n herevaluering van die Duitse
verlede, veral van die Nasionaalsosialisme. Daarbenewens het die
feit dat 'n magtige Duitse staat weer in die middel van Europa
tot stand gekom het, tot heftige debatte in die buurlande gelei,
veral in Oostenryk en Switserland, hoofsaaklik ten opsigte van
hulle standpuntinnames teenoor die voormalige Nazi-Duitsland.
Hierdie openbare diskussie het ook in die literatuur neerslag
gevind. Sedert die begin van die nuwe millennium kan 'n ommekeer
waargeneem word: dit lyk asof die meeste outeurs hulle
belangstelling in politiek en geskiedenis verloor het en na een
van die oudste temas in die literatuur terugkeer: die liefde.
Die deutsche Literatur der neunziger Jahre stand im Zeichen der
Politik. Der Grund dafür war die deutsche Wiedervereinigung, die
nicht nur einen Rückblick auf die verschwundene Deutsche
Demokratische Republik nahelegte, sondern auch eine neuerliche
Auseinandersetzung mit der gesamtdeutschen Vergangenheit,
insbesondere dem Nationalsozialismus. Das Wiedererstehen eines
mächtigen deutschen Staates im Herzen Europas führte überdies
in einigen Nachbarländern, vor allem in Österreich und der
Schweiz, zu einer heftigen Debatte über die eigene Position, die
diese Staaten gegenüber Nazi-Deutschland eingenommen hatten, und
diese Debatte schlug sich natürlich auch in der Literatur
nieder. Doch mit dem Beginn des neuen Millenniums ist eine Wende
zu beobachten: Die meisten Autoren scheinen das Interesse an
Politik und Geschichte verloren zu haben und kehren zu einem der
ältesten Themen in der Literatur überhaupt zurück: zur Liebe.
Social justice and geography : towards a South African
geographical research agenda
Visser, G.
Abstract: Drawing on arguments seeking a grounded development
of the concept of social justice, this article investigates the
potential bearing of the concept on South African geographical
research. It is argued that it is philosophically desirable to
conduct empirical research focused on the interpretations which
agents give to the concept of social justice. It is then
suggested that a re-thinking of the debates on normative social
justice in the light of arguments for contextual interpretations
of this concept provide a framework for a discourse of social
justice within South African geographical studies. In particular,
three avenues of enquiry are suggested. First, that South African
geographers aim at uncovering what the concept of social justice
represents with reference to multiple variables and institutions
within various spatio-temporal settings. Secondly, that these
empirical descriptions of social justice can be compared with
various debates on social justice currently found in the social
sciences. Finally, that geographical theorisation of the concept
of social justice be developed with reference to empirical
illustrations of the meaning of the concept.
Maatskaplike geregtigheid en geografie : na 'n Suid-Afrikaanse
geografiese navorsingsagenda
Die artikel ondersoek die relevansie van argumente wat die
ontwikkeling van die maatskaplike geregtigheidskonsep empiries
wil begrond vir geografiese navorsing in Suid-Afrika. Daar word
geredeneer dat dit uit 'n filosofiese hoek wenslik is om
empiriese navorsing te fokus op agente se interpretasies van die
maatskaplike geregtigheidskonsep. Daarna word aangedui dat
argumente ten gunste van kontekstuele interpretasies van die
onderhawige konsep 'n raamwerk bied waarbinne die diskoers
hieroor deur Suid-Afrikaanse geograwe gevoer kan word. Veral drie
moontlik relevante navorsingsrigtings word op grond hiervan
aangestip. Eerstens, dat gestreef word om bloot te lê wat die
opvattings oor maatskaplike geregtigheid is met betrekking tot 'n
verskeidenheid veranderlikes en instellings en binne verskillende
tyd-ruimtelike kontekste. Tweedens, dat sodanige empiriese
beskrywings van maatskaplike geregtigheidsopvattings vergelyk
word met verskeie huidige debatte rondom hierdie aangeleentheid
in die sosiale wetenskappe. Laastens, dat teoretisering van die
konsep binne geografiese geledere geskied aan die hand van
empiriese illustrasies van betekenistoekenning daaraan.
Suid-Afrika en die beslegting van gewapende konflik in
Afrika sedert 1994
Esterhuyse, A.
Abstract: Die verstaan van die anatomie van konflik is
essensieël vir enige poging om gewapende konflik suksesvol te
beeïndig. Dit impliseer dat Suid-Afrika kennis moet neem van die
oorsake, verloop en wyses van beëindiging van konflikte,
alvorens betekenisvol betrokke geraak kan word in die oplossing
van konflikte in Afrika. Die grondslag van Suid-Afrika se
betrokkenheid by konflikoplossing is sy buitelandse- en
binnelandse beleide, asook die strewe om Suid-Afrika se
betrokkenheid by konflikoplossing in Afrika te versoen met die
strewes van streeks- en internasionale organisasies in hierdie
verband. Tot op hede is Suid-Afrika se betrokkenheid gekenmerk
deur neutraliteit en 'n klem op diplomatieke oplossings, asook
deur oud-president Mandela se verpersoonliking van sodanige
diplomatieke strewes en 'n vermyding van
hoërisiko-vredesoperasies.
South Africa and the resolution of armed conflict in Africa
since 1994
An understanding of the anatomy of conflict is essential to any
effort to resolve armed conflict. This implies that South Africa
should take cognisance of the causes of conflict, its progression
and the ways in which it can be ended, before the country can be
meaningfully involved in conflict resolution in Africa. Her
foreign and domestic policies and her intention to keep South
African involvement within the framework of regional and
international organisations underpin her involvement. Thus far,
South African involvement has been characterised by neutrality,
an emphasis on diplomatic solutions, ex-president Mandela's
personification thereof and the avoidance of high-risk peace
keeping operations.
The wide-ranging influence of the 1928 decree of the
Communist International
Roth, M.
Abstract:
This article deals with the impact of a
decree passed by the Communist International in Moscow in 1928.
It shows how it influenced not only the most important communist
party outside the Soviet Union at that time, namely the German
Communist Party, but also the smallest, the Communist Party of
South Africa (CPSA), both of which were hampered by the rigid
doctrinaire beliefs forced upon them by Stalin via the Comintern.
The paper argues that the CPSA would have been more successful if
it had listened to the views of some black party members. This
might have shortened its long period in the political wilderness.
Die uitgebreide invloed van die 1928 dekreet van die
Kommunistiese Internasionale
Hierdie artikel behandel die inpak van 'n dekreet deur die
Kommunistiese Internasionale (Komintern) in Moskou gedurende
1928. Dit bespreek die invloed op die belangrikste kommunistiese
party van daardie tyd buite die Soviet Unie, naamlik die Duitse
Kommunistiese Party, maar ook die kleinste, die Kommunistiese
Party van Suid-Afrika (KPSA). Beide is gekortwiek deur die
rigiede doktrinêre idees wat via die Komintern deur Stalin op
hulle afgeforseer is. Daar word geargumenteer dat die KPSA meer
suksesvol sou gewees het indien hulle na die menings van sommige
van die swart partylede sou geluister het. Dit kon die tydperk
wat die KPSA in die politieke wildernis deurgebring het,
aansienlik verkort het.
Non-governmental organisations and sustainable rural
development in Lesotho
Mashinini, I.V.De Villiers, G. du T.
Abstract: Non-governmental organisations are increasingly
considered a viable source of development assistance for the
promotion of sustainable development. This article analyses the
contribution of non-governmental organisations to sustainable
rural development, with special emphasis on agriculture, in
Lesotho. The findings are that they have made a significant
contribution, but that their efforts were not sustainable, due to
the fact that the communities were not willing to forego their
old lifestyles and accept the sacrifices needed to achieve the
advances introduced by sustainable rural development. Communities
need to embrace the challenges and changes aimed at improving
their lifestyles.
Nie-regeringsorganisasies en volhoubare landelike ontwikkeling in
Lesotho
Nie-regeringsorganisasies word tans toenemend beskou as 'n
moontlike bron van ontwikkelingshulp met die oog op die
bevordering van volhoubare ontwikkeling. Hierdie artikel ontleed
die bydrae van nie-regeringsorganisasies tot die bevordering van
volhoubare landelike ontwikkeling, met spesiale klem op
landbouontwikkeling in Lesotho. Die bevindinge is dat hulle 'n
groot bydrae gelewer het, maar dat die pogings nie volhoubaar was
nie, omdat die gemeenskappe nie bereid was om hulle ou
lewenswyses te laat vaar en opofferings te maak ten gunste van
veranderings wat deur volhoubare landelike ontwikkeling
teweeggebring is nie. Dis nodig dat gemeenskappe die uitdagings
en veranderinge aanvaar wat nodig is om hul lewensbestaan te
verbeter.
Huwelikstevredenheid en vryetydsbesteding
Viljoen, H.C.Greeff, A.P.
Abstract:
Die doel van hierdie ondersoek was om
vryetydaktiwiteitspatrone te bepaal, asook hoe dit met
huwelikstevredenheid en vryetydsbesteding verband hou. 'n
Biografiese vraelys, 'n vryetydaktiwiteitsvraelys en twee
subskale van die Enriching and Nurturing Relationship Issues,
Communication and Happiness-skaal (ENRICH) is afsonderlik deur 35
egpare, elk met adolessente kinders, voltooi. Resultate dui
daarop dat daar by mans én vroue 'n beduidend positiewe verband
tussen huwelikstevredenheid en tevredenheid met vryetydsbesteding
bestaan. Positiewe korrelasies is ook gevind tussen
huwelikstevredenheid en tevredenheid met vryetydsbesteding by die
gesamentlike asook die individueel-en-gesamentlike
vryetydaktiwiteitspatrone. Die resultate het belangrike
implikasies vir huweliksvoorbereiding, huweliksverryking en
huweliksterapie.
Marital satisfaction and pastimes
The aim of this study was to investigate patterns in leisure
activities and their relation to marital satisfaction. A
biographical questionnaire, a leisure activity questionnaire and
two sub-scales of the Enriching and Nurturing Relationship
Issues, Communication and Happiness (ENRICH) scale were completed
independently by 35 married couples with adolescent children. The
results indicated a significant positive relationship between
marital satisfaction and contentment with the use of leisure time
in both joint and individual-and-joint leisure activities. These
results have important implications for premarital guidance, the
enrichment of married life and marriage counselling.
Implementing inclusive education in South Africa: teachers'
attitudes and experiences
Swart, R.E.Engelbrecht, P.Eloff, I.Pettipher, O.R.
Abstract:
The central argument is that the creation of
inclusive schools will require more than merely the
implementation of new policies. Practising teachers are the key
to the successful implementation of an inclusive system and they
will need time, ongoing support and in-service training. Real
change therefore requires a long-term commitment to professional
development. This article presents a comparative analysis of the
findings of three independent studies aimed at identifying and
describing teachers' attitudes to and experiences in implementing
inclusive education in South Africa. The main themes identified
in all three studies include inadequate knowledge, skills and
training for the implementation of inclusive education; lack of
educational and teacher support; insufficient facilities and
resources, and the potential effects of inclusive education on
learners.
Die implementering van insluitende onderwys in Suid-Afrika :
onderwysers se houdings daarteenoor en ervaring daarvan
Die sentrale argument is dat die ontwikkeling van insluitende
skole omvattende verandering vereis wat meer behels as die blote
implementering van die nuwe onder-wysbeleid. Onderwysers speel 'n
beslissende rol in die suksesvolle implementering van 'n
insluitende onderwyssisteem, mits voldoende tyd, ondersteuning en
indiensopleiding aan hulle beskikbaar is. Daadwerklike
verandering vereis dus langtermyn professionele ontwikkeling van
onderwysers. Hierdie artikel vergelyk die bevindinge van drie
onafhanklike voorstudies wat fokus op die identifisering en
beskrywing van onderwysers se houdings teenoor die nuwe stelsel
en hulle ervarings van die implementering van insluitende
onderwys in Suid-Afrika. Die hooftemas van hierdie studies sluit
in: ontoereikende kennis aangaande die nuwe stelsel; vaardighede
en opleiding benodig om insluiting te implementeer; ontoereikende
steun aan onderwysers in hierdie verband; onvoldoende fasiliteite
en bronne om die nuwe stelsel te implementeer; en die potensiële
invloed van insluiting op die leerders.
Die dissiplinêre samestelling en geledinge van leerinhoude
in menslike bewegingskunde
Coetzee, N.
Abstract:
Dekades lank is oor die plek van menslike
bewegingskunde (vroeër liggaamlike opvoedkunde) aan
universiteite gedebatteer. Tans word verskeie aanpassings gemaak
ten opsigte van die leerinhoude, die name van departemente en hul
plasings in verskeie fakulteite. 'n Kritiese ontleding word in
hierdie artikel gedoen om vas te stel welke komponent(e) van die
leerinhoude as 'n konstante oor die jare waargeneem kan word.
Daarna word na die internasionale opset gekyk, gevolg deur 'n
sterker fokus op die RSA, om te bepaal wat die huidige stand van
sake is ten opsigte van die leerinhoude van menslike
bewegingskunde en die plek van die dissipline in die
kontemporêre universitêre konteks. Daar word afgesluit met 'n
moontlike riglyn vir die toekomstige posisionering van menslike
bewegingskunde aan universiteite.
Defining the discipline and articulating the learning content of
human movement studies
For decades the teaching of human movement studies (previously
physical education) at universities has been the subject of
debate. Various adjustments are currently being made in respect
of subject content, names of departments, and their allocation to
certain faculties. In this study, a critical analysis was
performed in order to determine which component(s) of the subject
content have remained constant over the years. Next, the
international situation was considered, followed by a sharper
focus on the RSA, to determine the current state of affairs
regarding the subject content of human movement studies and its
place in the contemporary university context. In conclusion a
possible guideline for the future positioning of human movement
studies at universities is provided.
|