African
Journals Online
Acta Academica
Volume 34, Number 3, 2003
ABSTRACTS:
Philosophical
reflections on continuity
Strauss, Danie
Abstract:
Against the background of concept formation, limits of definition and
the unavoidability of indefinable primitive terms, this study
investigates the uniqueness of continuity. Considerations from the
history of philosophy and mathematics are taken into account and
treated within the context of the "coherence of
irreducibles". The meaning of continuity is shown to be
intimately connected with that of infinity. This connection requires a
reconsideration of both the notion of infinity and the
interconnections between number and space. This background provides
the basis for an alternative appreciation of the relationship between
Aristotle on the one hand and the Cantor-Dedekind (set-theoretical)
approach to continuity on the other. In conclusion, the abuse of the
notion of continuity in the supposed arithmetisation of mathematics is
challenged, mainly in terms of a new analysis of the meaning of the
actual infinite, preferably designated as the at once infinite (as
distinct from the potential infinite or the successive infinite).
Teen
die agtergrond van bestaande insigte in begripsvorming, in die grense
van begrip en definisie en in die onvermydelikheid van primitiewe
terme, word ondersoek ingestel na die uniekheid van kontinuïteit.
Oorwegings uit die geskiedenis van die filosofie en van die wiskunde
word behandel binne die konteks van die samehang van dit wat uniek is.
Dit blyk dat die menslike sin van kontinuïteit ten nouste verbonde is
aan sy belewing van die aard van oneindigheid. Hierdie verband benodig
'n heroorweging van beide die aard van oneindigheid en die samehang
tussen getal en ruimte. Hierdie agtergrond vorm vervolgens die basis
van 'n alternatiewe waardering van die verhouding tussen, enersyds,
Aristoteles en, andersyds, Cantor-Dedekind se (versamelingsteoretiese)
benadering tot kontinuïteit. Ten slotte word die misbruik van die
kontinuïteitsnosie in die vermeende aritmetisering van die wiskunde
bevraagteken, hoofsaaklik in terme van 'n nuwe analise van die sin van
die aktueel-oneindige, wat verkieslik aangedui word as die
opeens-oneindige (onderskeie van die potensieeloneindige of die
suksessief-oneindige).
Smeared
magnificence: nature and denaturalisation in the poetry of Gerard
Manley Hopkins and Dennis Brutus
Yesufu,
Abdul
Abstract:
The poetry of Gerard Manley Hopkins is a metaphysical articulation of
Catholic theology eulogising the multifarious beauty and magnificence
of God. Dennis Brutus's ostensibly very different work presents a
realistic, earth-bound, highly politicised picture of the harrowing
consequences of the apartheid system. Yet, as this article
demonstrates, the sensibilities of the two poets and their measured
artistic responses may be shown to spring from similar humanist
origins as well as from correspondences in their lives and
personalities. It is argued that Hopkins and Brutus are both
essentially nature poets in the Wordsworthian mode, reverencing the
spiritual beauty of nature and lamenting its denaturalisation by
humanity - the "smearing" of the magnificence of the
creation. This reading goes on to suggest that despite their different
contexts both poets are able to transcend the humanity / nature
dichotomy with visions of the regeneration of nature by the erstwhile
despoiler.
Die
poësie van Gerard Manley Hopkins is 'n metafisiese uiting van
Katolieke teologie tot lof van die veelsoortige skoonheid en
grootsheid van God. Dennis Brutus se oënskynlik baie andersoortige
werk bied 'n realistiese, aardse, grootliks verpolitiseerde beeld van
die hartverskeurende gevolge van die apartheidstelsel. Hierdie artikel
toon egter aan dat die gevoelighede én die weldeurdagte artistieke
response van die twee digters ontspring aan gelyksoortige humanistiese
opvattings asook aan ooreenkomste in hulle lewens en persoonlikhede.
Dit word geredeneer dat beide Hopkins en Brutus in wese natuurdigters
van Wordsworthiaanse inslag is, wat die vergeestelikte skoonheid van
die natuur besing en die verontnatuurliking daarvan deur die mens -
die "bevlekking" van die skeppingsgrootheid - betreur. Daar
word voorts gesuggereer dat beide digters nogtans, binne hulle
verskillende kontekste, daarin slaag om die mens / natuur-digotomie te
oorstyg met visioene van die wedergeboorte van die natuur deur toedoen
van die voormalige vernieler.
Provincial
inequalities in maternal and child health care in South Africa
Booysen,
Frikkie le R.
Abstract:
This study explores provincial inequalities in maternal and child
health care with data from the 1998 South African Demographic and
Health Survey (SADHS). Most provinces have made considerable progress
in ensuring relatively equitable access to immunisation and to
opportunities for pregnant mothers to consult with medically trained
personnel, whether for antenatal care or at delivery. However, the
public / private divide in health care persists, as do inequalities in
contraception usage. Furthermore, progress has not been equal across
all provinces and inequalities are consistently worse in
Kwazulu-Natal, Mpumalanga, the Eastern Cape and Gauteng. Given the
importance of health care in facilitating development, government and
health authorities must continue to make concerted efforts to expand
health care delivery to the poor, to address the obstacles which
confront the poor in accessing health care services, and to increase
the efficiency of health care delivery.
Ongelykhede
op provinsiale vlak in moeder- en kindergesondheidsorg word hier
ondersoek aan die hand van data uit die 1998 Suid-Afrikaanse
Demografiese en Gesondheidsopname (SADHS). Provinsies het meestal
goeie vordering gemaak om relatief gelyke toegang te verseker tot
immunisasie en tot konsultasiegeleenthede vir verwagtende moeders met
opgeleide mediese personeel, hetsy voor of tydens geboorte. Die
skeiding tussen openbare en private gesondheidsorg blyk egter steeds
duidelik, asook ongelykhede in die gebruik van voorbehoedmiddels.
Voorts, het provinsies nie ewe veel vordering gemaak nie. Ongelykhede
is konsekwent groter in Kwazulu-Natal, Mpumalanga, die Oos-Kaap en
Gauteng. Aangesien gesondheid 'n belangrike rol speel in menslike
ontwikkeling, sal die regering en gesondheidsowerhede daadwerklike
pogings moet aanwend om die lewering van gesondheidsorg aan armer
gemeenskappe uit te brei, om struikelblokke wat die toegang vir armes
tot gesondheidsorg belemmer uit die weg te ruim, asook om die
doeltreffendheid van die lewering van gesondheidsorg te verbeter.
Lateraliteit en
hemisferiese taallateralisering by seuns met en sonder
aandagtekorthiperaktiwiteitversteuring
Vermooten,
Irene; Stuart, Anita
Abstract:
Volgens die literatuur bestaan daar 'n moontlike verband tussen
onvolledige of onvoltooide lateralisasiepatrone en verskeie
ontwikkelingsversteurings (Hiscock 1988: 85-169). Met die begrip
lateralisasie word in die onderhawige studie verwys na hemisferiese
taalverteenwoordiging, asook na hand-, voet- en oogdominansie. Seuns
(tussen 8-12 jaar oud) met en sonder
aandagtekort-hiperaktiwiteitversteuring (ATHV) is dienooreenkomstig in
twee groepe verdeel, wat met mekaar vergelyk is ten opsigte van
bogenoemde modaliteite. Die resultate toon statisties beduidende
verskille tussen seuns met ATHV en seuns sonder ATHV met betrekking
tot hemisferiese taalspesialisering, hand- en voetdominansie. Oor die
algemeen is die seuns sonder ATHV sterker gelateraliseerd as seuns met
ATHV. Geen statisties beduidende verskil is gevind met betrekking tot
oogdominansie nie.
The
literature suggests a possible connection between abnormal
lateralisation patterns and various developmental disorders (Hiscock
1988: 85-169). In the current study lateralisation refers to
hemispheric language specialisation, hand dominance, foot dominance
and eye dominance. Boys (8-12 years) with and without attention
deficit / hyperactivity disorder (ADHD) were divided into two groups
and compared in respect of the above-mentioned modalities. The results
indicate that there are statistically significant differences between
ADHD boys and non-ADHD boys with regard to hemispheric language
specialisation, hand dominance and foot dominance. Overall the ADHD
boys were not as strongly lateralised as the non-ADHD boys. No
statistical differences were found with regard to eye dominance.
Mark
non-comparability and the predictability of post-first-year
performance
Huysamen,
G.
Abstract:
In this study, the following scores of black and white university
students were correlated: matriculation marks, the mean of each
semester's marks up to the end of the third academic year, and the
cumulative mean marks over the preceding and remaining semesters. In
agreement with findings reported elsewhere, first-year and
postfirst-year performance were better predictors of performance in
subsequent semesters than matriculation performance. However, for any
of these predictors, the correlations with the performance in
subsequent semesters decreased progressively over time, whereas the
correlation with accumulated performance over the remaining semesters
was not subject to the same degree of decline. When marks were
adjusted for mark non-comparability across various courses, the
decline in correlations lessened, while the correlations of black
students approximated more closely to those of white students, and the
correlations of white male students revealed more similarity to those
of white female students.
In
hierdie ondersoek is die volgende tellings van wit en swart
universiteitstudente gekorreleer: matriekpunte, gemiddelde punte vir
elk van die semesters tot aan die einde van die derde jaar en die
kumulatiewe gemiddelde punte oor die voorafgaande sowel as die
oorblywende semesters. In ooreenstemming met bevindings elders, was
prestasie in die eerste en latere universiteitstudiejare beter
voorspellers van prestasie in daaropvolgende semesters as wat
matriekprestasie was. Vir elk van hierdie voorspellers het die
korrelasie met prestasie in daaropvolgende semesters egter steeds
afgeneem soos wat die tydsverloop tussen vergeleke semesters toegeneem
het, terwyl die korrelasie met geakkumuleerde prestasie oor die
oorblywende semesters nie in dieselfde mate afgeneem het nie. Ná
persentasiepunte aangepas is vir punt-onvergelykbaarheid, het die
afname in die onderhawige korrelasies verminder terwyl die korrelasie
vir swart studente nader aan dié vir wit studente was, soos ook dié
vir wit mans aan dié vir wit vroue.
Racial
violence in South African schools: a media analysis
De
Wet, Coren
Abstract:
The aim of this article is to establish, by means of content analysis,
how and with what purpose the print media, accused of perpetuating
racism in South African society, report on racism in education, a
social relationship that also seems to be constructed in ways that
seem racist. In the micro-context, the following themes have been
identified in a study of reports on racial violence in South African
schools: both black and white parents, learners and other role players
deny that they are racists. The violence in South African schools must
therefore be attributed to the racist, violent, inhuman, amoral and
unreasonable behaviour of the "other". And if the
"self" sometimes acts violently against somebody of a
different race (the other), it is justifiable. Themes in the
macro-context of institutions and ideologies allude to the role played
by politics (of both apartheid and assimilation) in racial violence in
South African schools.
Die
doel van hierdie artikel is om met behulp van inhoudanalise te bepaal
hoe, en met watter doel voor oë, die media, wat daarvan beskuldig
word dat hulle rassisme in die Suid-Afrikaanse samelewing in stand
hou, rapporteer oor rassisme in die onderwys - 'n samelewingsverband
wat skynbaar ook met rassisme deurspek is. In 'n mikro-konteks is 'n
aantal diskursiewe temas deur middel van 'n studie van berigte oor
rassegeweld in Suid-Afrikaanse skole geïdentifiseer: Swart en wit
ouers, leerders en ander rolspelers ontken dat hulle self rassiste is.
Die geweld in Suid-Afrikaanse skole moet dus aan die rassistiese,
gewelddadige, onmenslike, immorele en onredelike optrede van die
"ander" toegeskryf moet word. As die "self" soms
gewelddadig teenoor iemand van 'n ander ras (die ander) optree, is dit
regverdigbaar. Temas in die makro-konteks van instellings en
ideologië hou verband met die rol wat politiek (apartheid en
assimilasie) in rassegeweld in Suid-Afrikaanse skole speel.
A
psychological profile of the irritable bowel syndrome patient : an
integrative study
Stuart,
Anita; Hulme, Barbara; Pretorius, Gertie
Abstract:
A psychological profile of the Irritable Bowel Syndrome Patient : an
integrative study This article concerns an exploratory investigation
into the nature and development of the disorder known as Irritable
Bowel Syndrome (IBS). Special attention is paid to the history of the
disorder, its clinical features, its physiological and psychological
concomitants, the theoretical models providing a variety of
explanations for the emergence and maintenance of the disorder, and an
in-depth research study undertaken to investigate the relationship
between human physiology and psychology with respect to IBS. Lastly, a
psychological profile of the typical patient suffering from IBS is
presented.
Hierdie
artikel is 'n ondersoekende studie na die aard en ontwikkeling van
Prikkelbare Dermsindroom (in Engels afgekort as IBS). Aandag word
veral geskenk aan die geskiedenis van die bestudering van die
versteuring, aan teoretiese modelle wat 'n verskeidenheid verklarings
vir die ontstaan en voortlewing van die siekte verskaf, sowel as aan
'n in-diepte-navorsingstudie wat ten doel gehad het om die verband
tussen menslike fisiologie en sielkunde te ondersoek in gevalle van
IBS. Laastens word 'n sielkundige profiel van die tipiese pasiënt met
Prikkelbare Dermsindroom aangebied.
Sexual
attitudes and needs of convicted black male perpetrators of incestuous
abuse
Madu,
Sylvester; Selahla, Phildah
Abstract:
This study is an investigation into the sexual attitudes and needs of
convicted black male perpetrators of incestuous abuse in the Limpopo
Province (South Africa). The Hanson Sex Attitude Questionnaire was
administered to forty-two convicted male perpetrators of incestuous
abuse and to forty-two other male prisoners (as a control group). The
results show that the sexual attitudes and needs of black male
perpetrators of incestuous abuse are significantly deviant and
negatively orientated towards their victims. The researchers recommend
psychological intervention for the perpetrators to improve their
sexual attitudes and needs and to assist them in adjusting better to
society.
Die
navorsing is 'n ondersoek na die seksuele behoeftes en houdings van
gevonnisde swart mans weens bloedskande verwante molesterings en
oortredings in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die steekproef is
uitgevoer op twee-en-veertig gevonnisde manlike oortreders en op
twee-en-veertig manlike gevangenes wat as kontrolegroep deelgeneem
het. As instrument is gebruik gemaak van die
Hansen-sekshoudingsvraelys. Die resultate dui daarop dat die seksuele
houdings en behoeftes van swart bloedskande-oortreders betekenisvol
afwykend en negatief teenoor die slagoffers is. Die navorser beveel
sielkundige intervensies aan om die oortreders te help om beter
seksuele houdings te ontwikkel en om beter in die gemeenskap aan te
pas.
|