African
Journals Online
Acta Academica
Volume 35, Issue 1, 2003
Abstracts
After theory
Peeters, Leopold
Abstract: In French literary studies the
reign of "Theory" has come to an end and its demise has left a void.
This article proposes that literary studies be founded on anthropological
considerations. In order to justify this approach the insufficiencies of theory
are first shown to be rooted in dualistic rationalism. Poetry concerns the
whole experience of human beings, and three aspects of their irreplaceable
individuality and unity are explored: verbal image, rhythm and voice. Since
poetry is essentially human it needs to be studied in an interdisciplinary context.
Ná
teorie
In Franse
literatuurstudie het die heerskappy van "Teorie" tot 'n einde gekom
en het daar gevolglik 'n vakuum ontstaan. In hierdie artikel word voorgestel
dat literatuurstudie op antropologiese prinsipes gebaseer moet word. Ter
begronding van hierdie benadering word eers die tekortkomings van teorie wat
wortel in rasionalistiese dualisme aangetoon. Digkuns betref die totaliteit van
menswees en drie aspekte van die onvervangbare indiwidualiteit en eenheid van
elke mens word verken: verbale beeld, ritme en stem. Aangesien digkuns
essensiëel menslik is, moet dit interdissiplinêr bestudeer word.
Narrative temporalities in a Bushman rock painting site
Van den Berg, Dirk
Abstract: Proposing narrative readings of
Bushman rock painting in terms of historical timeframes and narrative
temporalities, this investigation of the consequences of musealisation at the
Tandjesberg rock art site examines certain discursive functions of museum
metaphors as emplotment schemes in historiography. In particular, the
quasi-neutral use of the "panel" category for defining rock paintings
in archaeology is critiqued. The final additions to the Tandjesberg rock
paintings and possible connections with the politics of millennarian resistance
receive special attention. Though the approach is essentially that of the
history of art, it would seem that archaeology is subject to related
ideologically charged discourses.
Narratiewe
temporaliteite in 'n skuiling met Boesmanrotsskilderinge
Narratiewe
lesings van Boesmanrotsskilderinge in terme van historiese tydraamwerke en
narratiewe temporaliteite word in hierdie artikel beredeneer. Die uitwerking
van musealisering op die Tandjesbergskuiling word ondersoek en die diskursiewe
funksies van museummetafore as intrigeskema in die geskiedskrywing ontleed. Die
kwasieneutrale aanwending van die begrip skilderkunstige "paneel" in
die argeologie word vir kritiek uitgesonder. Spesiale aandag word gewy aan die
laaste skilderinge by Tandjesberg en die moontlike verbande wat dit het met die
politiek van chiliastiese verset. Die benadering is basies kunshistories, maar
dit blyk dat die argeologie aan verwante ideologies-gelade diskoerse onderworpe
is.
Two-way symmetrical communication and interactivity on the
web: a case study of two South African non-governmental organisations
Naude, Annelie; Froneman, Johannes; Atwood, Roy
Abstract: Practitioners who use the internet
as part of their public relations efforts often still do not apply the
interactive features to their fullest potential. This article is based on a
study that aimed to address the void in public relations research as far as the
application of new communication technology is concerned. The research focused
on the interactive nature of the internet by applying the two-way symmetrical
model of public relations to the websites of ten South African NGOs. This
article deals with two of these NGOs and their use of the World Wide Web. It
was confirmed that more than technical knowledge is required to manage a
website successfully. Much more important is a sound understanding of the
communication function within an organisation, especially with regard to public
relations. Understanding and practising the two-way symmetrical model would in
the long run be beneficial to the optimum use of an organisational website.
Simmetriese
tweerigtingkommunikasie en interaktiwiteit op die web: 'n gevallestudie van
twee Suid-Afrikaanse nie-regeringsorgansisasies
Skakelpraktisyns
wat die internet as deel van hulle skakelwerkaksies gebruik, pas dikwels nie die
interaktiewe eienskappe van die internet optimaal toe nie. Hierdie artikel is
gebaseer op 'n studie wat ten doel gehad het om die leemte in skakelkundige
navorsing wat betref die toepassing van nuwe kommunikasietegnologie te
ondersoek. Die navorsing het op die interaktiewe aard van die internet gefokus
en die simmetriese tweerigtingmodel van skakelwerk op die webwerwe van tien
Suid-Afrikaanse NRO's is toegepas. Die artikel bespreek twee van hierdie NRO's
en hulle benutting van die Wêreldwye Web. Die ondersoek het getoon dat 'n
deeglike begrip van die toepaslike kommunikasiefunksie en van die rol van
skakelwerk waarskynlik baie meer belangrik is as tegniese kennis vir die
suksesvolle bestuur van 'n webwerf. Die begryp en die toepassing van die
simmetriese tweerigtingmodel kan op die lang termyn lei tot die optimumgebruik
van 'n organisasie se webwerf.
Chronic Fatigue Syndrome, time perspective and the self
Carstens, Ansie; Mouton, Johann
Abstract: In a study aimed at establishing a
greater understanding of the subjective experience of sufferers from Chronic
Fatigue Syndrome (CFS), time perspective was identified as one of the most
affected dimensions of the self. It was found that the chronic and
unpredictable nature of CFS affected both the past and the future of
participants. As both of these dimensions reside within the present, the
present was marked by a sense of anxiety and uncertainty. Participants showed,
however, that they were able to countermand this anxiety by focusing on the
extended present. In this dimension they had the power to consciously shape a
perspective from which to (re-)interpret events and (re-)appraise the self.
Kroniese
moegheidsindroom, tydsperspektief en die self
In 'n
studie gerig op die ontwikkeling van 'n grondige begrip van die subjektiewe
siekweeservaring van diegene wat ly aan Kroniese Moegheidsindroom (KMS), is
tydsperspektief geïdentifiseer as een van die dimensies van self wat die meeste
deur KMS geraak word. Daar is vasgestel dat die kroniese en wisselvallige aard van
KMS die deelnemers se persepsie van beide die verlede en die toekoms beïnvloed
het. Aangesien beide hierdie dimensies ook deel vorm van die hede, is die
belewing van laasgenoemde dikwels gekenmerk deur vrees en onsekerheid. Tog het
deelnemers getoon dat sodanige vrees teëgewerk kan word deur doelbewus te fokus
op die uitgebreide hede. In hierdie dimensie het lyers die vermoë geopenbaar om
bewustelik 'n perspektief daar te stel waardeur hulle verlede en toekoms kon
(her-)interpreteer en die self kon (her-)waardeer.
Die rol van die Unieverdedigingsmag in die onderdrukking
van die nywerheidsonluste aan die Rand, 1922
Fokkens, Andries; Visser, Deon
Abstract: Die voortslepende arbeidsgeskille
tussen die Kamer van Mynwese en die wit mynwerkerunies aan die Rand het in
Maart 1922 tot 'n staking gelei. Nadat onderhandelinge misluk het, het
militante stakers polisiestasies aan die Rand aangeval. Die regering het daarop
krygswet afgekondig en die Unieverdedigingsmag gemobiliseer om wet en orde te
herstel. Die Unieverdedigingsmag, bygestaan deur die Suid-Afrikaanse Polisie,
het verskeie militêre operasies teen die stakerkommando's geloods. Alhoewel dit
meestal infanterie-operasies was, het artillerie en lugkrag ook 'n beslissende
rol gespeel om die onrus vinnig en met die minimum lewensverlies te onderdruk.
The role
of the Union Defence Forces in the suppression of the industrial unrest on the
Rand in 1922
Wage and
labour disputes between the Chamber of Mines and white unionised workers on the
Rand led to an industrial strike in March 1922. Negotiations failed and
militant strikers attacked several police stations on the Rand. The Government
proclaimed martial law and mobilised the Union Defence Forces to restore law
and order. The Union Defence Forces, assisted by the South African Police,
launched a series of military operations against the strike commandos. Although
these were mainly infantry operations, artillery and air power also played a
vital role in suppressing the unrest quickly and with minimal losses on both
sides.
The development of dramatic symbolism and satire in the
plays of Zakes Mda on the realities of South Africa's political situation
Uwah, Chijioke; Muller, Roy
Abstract: This article examines Mda's
artistic development, specifically in his use of symbolism and satire, while
considering reasons why he chose to use these devices. The analysis will cover
the period from the seventies, when he wrote some of his earlier plays, to the
nineties, when some of his unpublished plays were produced. This will be done
with a view to establishing the continuity or otherwise of his use of these
dramatic devices from his early days to the present.
Die
ontwikkeling van dramatiese simboliek en satire in die toneelstukke van Zakes
Mda oor die realiteite van Suid-Afrika se politieke situasie
In die
artikel word Mda se artistieke ontwikkeling van nader bekyk, spesifiek wat
betref sy gebruik van simboliek en satire asook die moontlike redes waarom die
dramaturg hom tot die gebruik van hierdie middele gewend het. Die ontleding dek
die tydperk vanaf die sewentigerjare toe hy van sy vroeëre dramas geskryf het
tot die negentigerjare toe van sy ongepubliseerde stukke opgevoer is. Dit word
gedoen ten einde die kontinuïteit, al dan nie, in sy gebruik van hierdie
dramatiese middele in die vroeër tot die onlangse dramas te bepaal.
(De)constructing systems discourses in South Africa's
Education White Paper 6: Special Needs Education
Van Rooyen, Brenda; Newmark, Rona; Le Grange, Lesley
Abstract: White Paper 6, on Special Needs Education,
released in July 2001, is a response from the South African government's
Ministry of Education to the inclusion movement. In this article we examine
systems discourses in this policy document. We discuss their implications, as
we deconstruct them for inclusion or exclusion. We do not construct
conclusions, but rather (de)construct the polyphony of voices, truths and
realities speaking into and out of White Paper 6. This article thus offers an
alternative approach to policy analysis.
Die
(de)konstruksie van sisteemdiskoerse in die Suid-Afrikaanse regering se
Witskrif 6: Spesiale Onderwysbehoeftes
Witskrif 6:
Spesiale Onderwysbehoeftes is in Julie 2001 vrygestel as 'n reaksie van die
Ministerie van Onderwys van die Suid-Afrikaanse regering op die inklusiewe
beweging. In hierdie artikel word die sistemiese diskoerse wat in hierdie
beleidsdokument waargeneem word, bestudeer. Die implikasies wat die sistemiese
diskoerse vir inklusie / eksklusie het, word bespreek. In hierdie artikel
konstrueer ons nie gevolgtrekkings nie, maar (de)konstrueer ons liewer die
veelstemmigheid ten opsigte van waarhede en realiteite wat neerslag vind in en
spreek uit Witskrif 6. Hierdie artikel bied 'n alternatiewe strategie met
betrekking tot die analise van beleidsdokumente.
Minimum wages for domestic workers: a comprehensive analysis
Bothma, Louis; Campher, Celeste
Abstract: This article investigates the
impact of a minimum wage for domestic workers on employment levels. A
comparative analysis of two surveys undertaken in a Bloemfontein suburb
challenges the Minister's statement that the newly announced minimum wages for
domestic workers in South Africa are "not only affordable but very
realistic". The analysis indicates that the demand for domestic workers is
decreasing and that minimum wages could aggravate the situation. The wages of
domestic workers vary not only between areas, but also within areas. Therefore,
if job losses occur, rural and full-time domestic workers will be most
affected. COSATU's proposal that minimum wages should be set not according to
geographical differentials, but according to work performed, seems meritorious.
Minimum
lone vir huiswerkers: 'n omvattende analise
Hierdie
artikel ondersoek die impak van minimum lone op die indiensnamevlakke van
huiswerkers. 'n Vergelykende analise van twee opnames in 'n Bloemfonteinse
woonbuurt plaas die Minister se standpunt dat die nuut-aangekondigde minimum
lone vir huiswerkers in Suid-Afrika "nie alleen bekostigbaar nie, maar ook
baie realisties is", onder die vergrootglas. Die analise wys dat die vraag
na huiswerkers daal en dat minimum lone die situasie kan vererger. Lone van
huiswerkers verskil nie net van gebied tot gebied nie, maar ook binne gebiede.
Indien werksverliese derhalwe voorkom, sal dit nie slegs huishulpe in landelike
gebiede wees wat die meeste geraak gaan word nie, maar ook huishulpe wat
voltyds in diens geneem is. Dit blyk dat COSATU se voorstel dat minimum lone
nie op grond van gebied nie, maar op grond van die omvang van huiswerkers se take
vasgestel moet word, meriete het.
Creating knowledge-based organisations by means of
knowledge management and organisational learning
Steyn, Trudie
Abstract: Knowledge-creating organisations
are successful. They have the ability consistently to produce new knowledge,
circulate it through their organisations, and embody it in new products and
services. Knowledge is a certain source of competitive advantage and the
challenge for organisations, therefore, is to share and manage it. This article
distinguishes between information, learning and knowledge and describes various
models of knowledge management. These models that focus on social construction
share common ground with those on learning organisations. For knowledge
management to be successful it is necessary to understand how people in
organisations learn, how they implement what they learn and how they share
their knowledge. This article concludes by discussing the flow of knowledge in
a learning organisation and the various types of learning which take place in
such organisations.
Die
skepping van 'n kennisgefundeerde organisasie deur middel van kennisbestuur en
organisasieleer
Suksesvolle
organisasies is kennisskeppende organisasies. Hulle besit die vermoë om nuwe
kennis te produseer, om dit deur hulle organisasies te versprei en om dit in
nuwe produkte en dienste te vergestalt. Kennis en die uitdaging vir
organisasies om dit met ander te deel en dit te bestuur, is 'n kompeterende
voordeel. Hierdie artikel onderskei tussen inligting, leer en kennis en beskryf
verskillende modelle vir kennisbestuur. Modelle van kennisbestuur wat op
sosiale konstruksie fokus, toon ooreenkomste met teorieë oor organisasieleer.
Om kennisbestuur suksesvol te kan toepas, is dit belangrik om te verstaan hoe
mense leer, hoe hulle dit wat hulle leer, implementeer en hoe hulle hulle
kennis in die organisasie met ander deel om 'n leerorganisasie te wees. Hierdie
artikel sluit af met 'n blik op die kennisvloei en die verskillende tipes leer
wat plaasvind in leerorganisasies.
|