African
Journals Online
Acta Academica
Volume 35, Issue 2, 2003
ABSTRACTS
Serieuse
selfstandige soeker: C M van den Heever (1902-1957)
Kapp, Pieter
Abstract: Die Afrikaanse skrywer en digter
C.M. van den Heever was die eerste professor in Afrikaans en Nederlands aan die
Universiteit van die Witwatersrand. Gedurende die duur van sy aanstelling
(1933-1957) het hy 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die Afrikaanse
kultuurlewe in Johannesburg en in die vertolking van gebeure en ontwikkelinge
in die literatuur en in die kultuurpolitiek gespeel. Hy was 'n toegewyde
ondersteuner van noue kultuurbande tussen Nederland, Vlaandere en die
Afrikaanse wêreld. Hy was 'n sterk ondersteuner van generaal J.B.M. Hertzog se
beleid van versoening tussen Afrikaans- en Engelssprekendes en 'n kritikus van
die kultuurpolitiek van sommige leidende Suid-Afrikaners van sy tyd, Afrikaans-
én Engelssprekend. Hy word oor die algemeen as die eerste Dertiger beskou,
hoewel sy latere ontwikkeling nie tipies van die Dertigers is nie. In sommige van
sy kultuurbeskouinge was hy 'n voorloper van N.P. van Wyk Louw, veral oor die
rol van Afrikaanse intellektueles, oor die belangrikheid van kritiese denke en
ten opsigte van sy pleidooie vir 'n liberale Afrikanernasionalisme.
A
profound thinker with an independent cast of mind: C.M. van den Heever
(1902-1957)
The
Afrikaans poet and author C.M. van den Heever was the first professor of
Afrikaans and Dutch at the University of the Witwatersrand. During the term of
his appointment (1933-1957) he played a key role in the development of
Afrikaans cultural life in Johannesburg and in interpreting events and
developments in the fields of literature and cultural politics. He was a
dedicated supporter of close ties between the Dutch, Flemish and Afrikaans
cultures. He strongly approved Prime Minister J.B.M. Hertzog's policy of
reconciliation between Afrikaans- and Englishspeaking South Africans and
criticised the cultural politics of many leading Afrikaans and English-speaking
South Africans of his day. He is generally regarded as the first writer of the
Thirties generation, although his work did not develop along the lines that
later became typical of the Dertigers. In some ways he was a forerunner of N.P.
van Wyk Louw's ideas on the role of Afrikaner intellectuals, the importance of
critical thought and the need for a liberal Afrikaner nationalism.
Poverty eradication: the need for good citizenship
Naude, Wim
Abstract: This paper makes use of game theory
to argue that poverty and inequality can be understood as the outcome of a
repeated game in which the players are caught in a poverty trap, or
"prisoners' dilemma". They can escape this dilemma by means of
cooperation and co-ordination, requiring appropriately designed
"institutions" or "game rules". However, such institutions
or game rules may be only a necessary, not a sufficient condition for this.
From the perspectives of evolutionary biology and evolutionary psychology a
case is made for the indispensability of good citizenship to poverty
eradication.
Armoedeverligting:
die noodsaaklikheid van goeie burgerskap
In hierdie
artikel word daar vanuit 'n spelteoretiese perspektief geargumenteer dat
armoede en ongelykheid die resultaat is van 'n herhalende spel waarin die
spelers in 'n armoedevalstrik of "prisoniersdilemma" vasgevang is.
Hulle kan uit hierdie gevangenskap ontsnap deur koördinering en samewerking
waarvoor gepaste "instellings" of "spelreëls" nodig is.
Gepaste instellings / spelreëls is egter wel 'n nodige, maar nie 'n voldoende
voorwaarde vir koördinering en samewerking nie. Insigte uit die evolusionêre
biologie en evolusionêre psigologie word gebruik om te argumenteer dat goeie
burgerskap noodsaaklik is vir armoedeverligting.
Multiculturalism(s)? A critical appraisal
Van der Merwe, Willie
Abstract: Various normative stances or
responses in respect of multiculturalism are distinguished and briefly
evaluated. The article focuses on what can be called "mosaic
multiculturalism" - a multicultural condition (and concomitant responses)
in which communities and individuals strive to protect (aspects of) their value
systems from contamination or erosion by others and demand public recognition
of them. The article examines the justifiability of such a "politics of
recognition". It tries to show that the ultimate ground of "mosaic
multiculturalism" is an aporia, which allows for ongoing intercultural
critique, and provides a basis for intercultural tolerance.
Multikulturalisme(s)?
'n Kritiese beoordeling
Verskeie
normatiewe beskouinge van of reaksies op multikulturalisme word in hierdie
artikel onderskei en kortliks beoordeel. Die fokus val op wat
"mosaïek-multikulturalisme" genoem word - 'n multikulturele toestand
(en die reaksies daarop) waarby gemeenskappe en indiwidue poog om (aspekte van)
hulle waardesisteme te beskerm teen beïnvloeding of ondermyning deur ander
waardesisteme en aandring op publieke erkenning van hul eie. Die
regverdigbaarheid van so 'n "politiek van erkenning" word ondersoek.
Die gevolgtrekking is dat "mosaïek-multikulturalisme" uiteindelik
berus op 'n aporie, wat voortgaande interkulturele kritiek moontlik maak en
tegelykertyd die grondslag lê vir interkulturele verdraagsaamheid.
Moral and medical 'prescriptions' in a fifteenth-century Sacrament play
Geldenhuys, Katharine; Raftery, Margaret Mary
Abstract: The purpose of this article is to
investigate the manner in which Christ, perceived as present in the eucharistic
host, is portrayed as the Suffering Physician in the "quack doctor"
scene in the Croxton Play of the Sacrament. The dramatist's specific linguistic
choices in this scene appear to have been made in an attempt to create images
of and associations with the Passion and other perceived forms of healing. The
many references to medicinal plants, which are particularly significant in
relation to the medieval idea of Christ's role as the spiritual or moral
Physician of humanity are considered in detail.
Mediese
en morele 'voorskrifte' in 'n vyftiende-eeuse Sakramentspel
Hierdie
artikel ondersoek die manier waarop Christus, wat deur middel van
transubstansiasie as teenwoordig in die Nagmaal beskou word, in die
"kwaksalwer"-toneel van die Play of the Sacrament van Croxton in
Engeland, as die Lydende Geneesheer voorgestel word. Dit blyk dat die dramaturg
spesifieke taalkundige keuses in hierdie toneel gedoen het om beelde van die
Passie en ander vorms van genesing, asook assosiasies daarmee, te skep. Die
veelvuldige verwysings na geneeskragtige plante is besonder betekenisvol in die
lig van die middeleeuse konsep van Christus as die geestelike of sedelike
Geneesheer van die mensdom word ondersoek.
Aggressive adolescent behaviour in privileged schools
Olivier, Tilla
Abstract: This article offers a perspective
on the topic from educational psychology, with a focus on adolescents, who often
air their frustrations at growing up and developing their own unique identity
by way of opposition. The literature suggests that aggressive behaviour
correlates with the social environment and reaches higher levels in lower
socio-economic environments. The purpose of this research was to determine
teachers' experiences of aggressive adolescent behaviour at a privileged school
and to provide guidelines for dealing effectively with it. A qualitative
research approach was chosen. By means of analyses of the transcribed
interviews central themes could be identified, and recommendations made.
Aggressiewe
adolessentegedrag in skole vir bevoorregtes
Hierdie
artikel bied 'n opvoedkundig-sielkundige perspektief op die adolessent wat
dikwels 'n opposisie-tendens vertoon om uiting te gee aan sy frustrasies
aangaande sy opgroeiproses en sy vestiging van 'n eie identiteit. In die
literatuur word aggressiewe gedrag dikwels met laer sosio-ekonomiese status in
verband gebring. Hierdie ondersoek wil vasstel hoe onderwysers die aggressiewe
gedrag van leerders uit 'n bevoorregte omgewing op skool ervaar, asook riglyne
daarstel vir die doeltreffende hantering van sulke gedrag. 'n Kwalitatiewe
navorsingsbenadering is gevolg. By wyse van die analisering van die getranskribeerde
onderhoude kon sentrale temas geïdentifiseer en dienooreenkomstig aanbevelings
gemaak word.
Newspaper coverage of South African tobacco issues, 1997-2001
Phaswana, Gladys; Peltzer, Karl
Abstract: The purpose of this study was to
investigate the way in which the tobacco issue has been framed in the mass
media in South Africa. 363 South African newspaper articles published from
January 1997 to December 2001 were analysed. Of the 224 articles finally
selected for analysis, 100 were in line with the tobacco interest group and 124
supported the tobacco control group. The dominant frames used by the tobacco
industry included "good product for the economy", "concern about
teenagers and youth", "government's role in reducing marketing
visibility and destruction of jobs" and "discrimination and
segregation". The dominant frames used by the tobacco control advocates
included "death/diseases", "innocent children",
"smokers in great danger", "glamourisation of smoking;
intentional lie", "passive smokers' rights" and "smoking
areas". A major finding is that the frames used by both the tobacco
control movement and the tobacco industry have changed over time. The tobacco
industry has been steadfast in consistently targeting core human values as its
dominant framing tactic. The finding may have implications for developing more
effective arguments for tobacco policies.
Koerantdekking
van Suid-Afrikaanse tabakkwessies, 1997-2001
Die doel
van die studie was om die wyse waarop tabakaangeleentheid in die
Suid-Afrikaanse massamedia aangebied word, te ondersoek. 363 Suid-Afrikaanse
koerantartikels wat vanaf Januarie 1997 tot Desember 2001 gepubliseer is, is
ontleed. Van die 224 artikels wat uiteindelik geselekteer is vir ontleding, was
100 die tabakbelangegroep goedgesind, terwyl 124 die tabakbeheergroep gesteun
het. Die algemeenste argumente wat deur die tabakbedryf gebruik is, was dat
tabak "'n goeie produk vir die ekonomie" was; dat hulle 'n
"besorgdheid oor tieners en jeugdiges" koester; dat "die
regering sigbare bemarking wegneem en werksgeleenthede vernietig" en dat
die owerheidsmaatreëls "diskriminasie en segregasie" in die hand
werk. Die voorstaanders van tabakbeheermaatreëls het weer meestal van
argumentasiekaders soos "sterftes / siektes", "onskuldige
kinders", "rokers in groot gevaar", "romantisering van
rookgewoonte; opsetlike leuen", "passiewe rokers se regte" en
"rookareas" gebruik.'n Belangrike bevinding is dat die
argumentasiekaders wat gebruik word deur die tabakbeheergroep sowel as die
tabakindustrie, met verloop van tyd verander het. Die tabakindustrie het
deurgaans sy argumentasiekadering toegespits op menslike kernwaardes. Die
bevinding kan van nut wees in die ontwikkeling van meer effektiewe argumente
ten opsigte van tabakbeleid.
The necessity of a challenge to western discourses by the African
renaissance
Matthews, Sally; Solomon, Hussein
Abstract: One of the goals of the African
renaissance and related projects is the transformation of the power relations
between the West and Africa. This paper demonstrates the way in which western
discourses on Africa perpetuate problematic power relations. The portrayal of
Africa as an ailing patient in need of western assistance is scrutinised. These
discourses are shown to be part of the complex structures which allow western
dominance to continue. The African renaissance's response is briefly discussed,
with special attention to NEPAD. Finally, the paper suggests a new response,
emphasising the importance of challenging western discourses as part of the
African renaissance.
Die
noodsaak om westerse politieke diskoerse uit te daag deur die
Afrika-renaissance
Een van die
doelstellings van die Afrika-renaissance en verwante projekte is die
transformasie van magsverhoudinge tussen die Weste en Afrika. Die wyse waarop
westerse diskoerse oor Afrika problematiese magsverhoudinge tussen die Weste en
Afrika perpetueer, word in die artikel aangetoon. Diskoerse wat Afrika as 'n
kwynende pasiënt beskryf wat westerse hulp benodig, word onder die loep geneem.
Daar word aangetoon dat hierdie diskoerse deel van die komplekse strukture is
wat die westerse dominansie laat voortduur. Die strewe na 'n Afrika-renaissance
antwoord op hierdie diskoerse word kortliks bespreek en spesiale aandag word
aan die NEPAD-inisiatief verleen. Voorstelle word gemaak oor hoe die
Afrika-renaissance behoort te reageer op westerse diskoerse, met spesiale klem
op die belangrikheid daarvan om die westerse diskoerse uit te daag.
Mythmaking as self-making and nation-building: a reading
of Wole Soyinka's "Idanre"
Ndaba, Sandile
Abstract: This paper investigates how Soyinka
uses Yoruba mythology in his poem "Idanre". It avers that Soyinka
uses Ogun as his tutelary deity in an attempt at self-reclamation and
nation-building. It shows how Soyinka transposes the nature and symbolism of
Ogun in Yoruba mythology to an interpretation of the contemporary postcolonial
socio-political situation in Africa. Furthermore, the paper argues that Soyinka
borrows mythical symbols from Greek mythology and blends these with those from
Yoruba myth in an attempt to forge a new, hybrid African identity.
Mitevorming
as selfvorming en nasiebou: 'n interpretasie van Wole Soyinka se
"Idanre"
In hierdie
artikel word die wyse ondersoek waarop Wole Soyinka Yoruba mitologie in sy
gedig "Idanre" benut. Die afleiding is dat Soyinka Ogun as sy
beskermgod aanwend in 'n poging om selfherwinning en nasiebou te bewerkstellig.
Daar word aangetoon hoe Soyinka die aard en simboliese waarde van Ogun in
Yoruba-mitologie transponeer om 'n interpretasie van die eietydse postkoloniale
en sosiopolitieke situasie in Afrika moontlik te maak. Voorts word geredeneer
dat Soyinka simbole uit die Griekse mitologie met dié uit die Yoruba-mites
vermeng in 'n poging om 'n nuwe hibridiese Afrika-identiteit daar te stel.
AIDS in schools: a human rights perspective on parameters for sexuality
education
Ngwena, Charles
Abstract: This article is set against the
background of a sustained HIV / AIDS epidemic affecting the South African
population, including the education sector. It explores the education sector's
responses to the epidemic in the area of sexuality education for learners. It
is submitted that lifeskills education - the main medium for imparting
sexuality education - is an essential instrument in the armamentarium against
HIV / AIDS. However, lifeskills education is not value-free. The values that
underpin lifeskills education are libertarian in orientation. They cherish
diversity, and do not sit easily with a sectarian view of life. The success of
lifeskills education will depend, in part, on striking an acceptable balance
between the duty of the school to impart the knowledge and skills essential for
development and survival, the evolving capacity of the learner, and parental
authority. In the final analysis, the impetus is towards a sexuality education
in which the core values of human dignity, liberty and equality are protected
and promoted in accordance with the imperatives of the Constitution.
VIGS in
skole: parameters vir die seksualiteitsopvoeding vanuit 'n
menseregteperspektief
Hierdie
artikel is geskryf teen die agtergrond van 'n volgehoue MIV / VIGS-epidemie met
volskaalse effek op al die sektore in die Suid-Afrikaanse samelewing,
insluitende die onderwys. Die reaksie van die onderwyssektor op die epidemie is
op die gebied van seksualiteitopvoeding vir leerders ondersoek. Die vertrekpunt
is dat onderrig van lewensvaardighede - die hoofmedium waardeur
seksualiteitsopvoeding gegee word - 'n essensiële instrument is in die
bewapening teen MIV / VIGS. Opvoeding in lewensvaardighede het egter 'n prys
nie, aangesien die waardes wat lewensvaardighede onderlê libertyns van aard is.
Hoewel diversiteit dus gekoester word, word ongemak met 'n sektariese uitkyk op
die lewe bespeur. Die sukses van onderrig in lewensvaardighede sal deels
daarvan afhang om 'n aanvaarbare balans te vind tussen die plig van skole om
kennis en vaardighede oor te dra (wat essensieel is vir ontwikkeling en
oorlewing), die vormende kapasiteit van die leerder, asook die outoriteit van
die ouer. Uit die finale analise blyk dit dat die noodsaaklikheid van
seksualiteitsopvoeding in ooreenstemming met die Grondwet is waarin die
kernwaardes van menslike waardigheid, gelykheid en vryheid beskerm en bevorder
moet word.
Coping styles and quality of life in people with HIV / AIDS: a review
Coetzee, Mignon; Spangenberg, Judora
Abstract: In the midst of the dramatic global
escalation of the HIV / AIDS pandemic, the relative longevity of patients
continues to increase. The success with which one manages to cope with the
continuous stress attached to HIV / AIDS impacts directly on one's quality of
life. It is therefore of major importance to determine which coping styles
correlate positively with quality of life in people with HIV / AIDS. In general,
the research literature indicates that problem-focused, active coping styles
are superior to emotion-focused, passive coping styles, including avoidance.
However, interesting contradictory findings have come to light in South Africa,
namely that an avoidant coping style also seems to be beneficial in the African
socio-cultural context.
Streshanteringstyle
in die lewenskwaliteit van mense met MIV / VIGS: 'n oorsig
Te midde
van die dramatiese wêreldwye eskalasie van die MIV / VIGS-pandemie, is daar 'n
volgehoue toename in die oorlewingstyd van mense wat aan die siekte ly. Die
sukses waarmee 'n individu die voortdurende stres verbonde aan MIV / VIGS
hanteer, het 'n direkte impak op sy of haar lewenskwaliteitervaring. Dit is dus
essensieel om vas te stel watter streshanteringstyle positief verband hou met
beter lewenskwaliteit vir mense met MIV / VIGS. Die bevindinge in
navorsingsliteratuur dui oor die algemeen daarop dat probleemgeoriënteerde,
aktiewe streshanteringstyle meer doeltreffend is as emosiegeoriënteerde,
passiewe streshanteringstyle, insluitend vermyding. In Suid-Afrika het egter
interessante teenstrydige bevindings aan die lig gekom, naamlik dat vermyding
skynbaar ook in hierdie verband voordelig is binne die sosiokulturele konteks
van Afrika.
|