African
Journals Online
Historia
Volume 47 Number 2 2002
ABSTRACTS
The case of the volkscustodian and the professor: heritage versus
history
Allen, Geoff
Abstract:
Die geval van die volksbewaarder en die professor: erfenis versus
geskiedenis
Op
28 Maart 1979 is prof. Jaarsveld verhinder om 'n referaat by 'n
akademiese kongres te lewer deur 'n groep regse aktiwiste. Hulle het
hom in die rede geval en voor die gehoor letterlik geteer-en-veer.
Hierdie studie is 'n poging om die voorval te verklaar deur dit binne
die historiese konteks van die 1960's en 1970's te plaas en die
historiese bewussyns van die betrokke partye te analiseer in terme van
Nietzsche se drie kategorieë: Antikwarianisme, Monumentalisme en
Kritiek.
Oral traditions as heritage: the historiography
of oral historical research on the Shona communities of Zimbabwe: some
methodological concerns
Mazarire, Gerald Chikozho
Abstract:
Mondelinge tradisie as erfenis: die historiografie van mondelinge
navorsing en die Shonagemeenskappe van Zimbabwe: sommige metodologiese
aspekte
In
hierdie bydrae word die belangrikheid van mondelinge oorlewering as
erfenis, wat bewaar behoort te word, spesifiek met betrekking tot die
Shona in Zimbabwe aangetoon. Die uitgangspunt is historiografies deur
na te gaan hoe mondelinge oorlewering deur verskillende persone
versamel is, wat die redes vir versameling was sowel as die
verskillende interpretasies daarvan deur opeenvolgende navorsers was.
Teen hierdie agtergrond doen die artikel sekere metodologiese
oplossings aan die hand.
Heritage and Historically Black Universities (HBUs): the view from
Fort Hare
Morrow, Sean
Abstract:
Erfenis en die Historiese Swart Universiteite (HSUs): die uitsig
van Fort Hare
In
hierdie artikel word ondersoek ingestel na histories swart
universiteite as erfenisbestemmings. Daar word geargumenteer dat
universiteite simbole is van intellektuele en kulturele prestasies van
bepaalde gemeenskappe of klasse. Die uiteenlopende oorsprong en
verlede van histories swart universiteite in Suid-Afrika maak dit
moeilik vir sodanige instellings om daardie rol met betrekking tot die
swart gemeenskap te vervul: Fort Hare sou dit straks met groter
oortuiging kon doen weens die universiteit se langer en meer komplekse
geskiedenis. Hierdie artikel skets die geskiedenis wat dit moontlik
maak vir Fort Hare om 'n simbool te wees van die prestasies van
swartmense deur die beskrywing van die galery, argiewe en museum as
voorbeelde van die fisiese en intellektuele manifestasies van hierdie
prestasies. Die uitgangspunt is dat die oorlewing van Fort Hare as 'n
onafhanklike entiteit in die huidige voorgestelde reorganisasie van hoër
onderwys in Suid-Afrika baie te doen het met hierdie erfenisrol van
die universiteit. Ten slotte word erfenis tog beskou as 'n nie-eksakte
en betwisde konsep en dat dit veral by universiteite krities en
histories ondersoek behoort te word.
Table Mountain - South Africa's natural national monument
Goetze, Tim
Abstract:
Tafelberg - Suid-Afrika se natuurlike nasionale monument
Die
herkenbare en unieke geografiese eienskappe van berge het dikwels
daartoe gelei dat dit plekke was waar mense geworstel het met vrae oor
die betekenis van die natuur, die essensie van geloof, die uitdrukking
van nasionalisme en groepsidentiteit. Hoewel berge plekke is waar
betekenis aan belangrike aspekte gegee word, is dit ook waar mense
dikwels die fisiese eienskappe van berge verander. Tafelberg is ook
geen uitsondering nie. In die artikel word kwessies soos kolonialisme,
nasionalisme en geloof soos weerspieël in die geskiedenis van
Tafelberg ondersoek. Daar sal ook aangetoon word dat mense die
nasionale en "natuurlike" bate "herskep" het. Dit
ondersoek die dialektiek tussen die wyses waarop dit bestuur is en die
wyse waarop die berg homself projekteer. Tafelberg is as Nasionale
Monument verklaar in 1958 en gedurende die afgelope 50 jaar is dit ook
as Nasionale Reservaat en Nasionale Park verklaar. Dit is deel van die
natuurlike en nasionale erfenis van Suid-Afrika en diegene wat dit
bestuur probeer getrou om dit as sodanig voor te stel.
Heritage routes for the liberated South
Africans: using oral history to reconstruct unsung heroes and
heroines' routes into exile in the 1960s
Ndlovu, Sifiso Mxolisi
Abstract:
Erfenisroetes vir die bevryde Suid-Afrikaners: die gebruik van
mondelinge geskiedenis om die roetes van die helde en heldinne na
ballingskap in die 1960s te herkonstrueer
Talle
Suid-Afrikaners het na die verbanning van die ANC en die PAC in 1960
die land verlaat uit vrees vir arrestasie. Uitgewekenes was afkomstig
van 'n bree spektrum agtergronde en gemeenskappe. 'n Groot groep was
voornemende vryheidsvegters wat militêre opleiding in die buiteland
wou ondergaan. Ander wou weer graag opleiding in die buiteland
voorsit. 'n Groot persentasie van die ANC en PAC leierskorps het
gedurende die 1960's die land verlaat en het nuwe basisse in pas
onafhanklike state soos Tanzanië en Zambië gevestig. Talle
uitgewekenes het in ande Afrikastate beland, waarvan sommige in MK
militêre kampe in Tanzanië. Ander het in Europa (veral Brittanje) en
die VSA geëindig. Ander het gegaan na die USSR, Sjina en Oos-Europese
lande waardeur hulle 'n internasionale erfenisroete vir
Suid-Afrikaners gevestig het. Hierdie artikel verleen aandag aan die
verhale van wat met hierdie uitgewekenes gebeur het, hoe en waarom
hulle Suid-Afrika verlaat het en die gevare wat hulle moes trotseer.
Daardeur word 'n bydrae gelewer tot die herskep van die onmiddelike
verlede en historiese erfenis van Suid-Afrika.
The culture of collecting: the National Library as a memory
institution
Ritchie, Gabrielle
Abstract:
Die kultuur van versameling: die nasionale Biblioteek as 'n
instelling van herinnering
As
instellings wat die intellektuele en kulturele herinnering van die
gemeenskap organiseer, is biblioteke, museums en argiewe
verantwoordelik daarvoor om leer-, navorsings- en kulturele
geleenthede te skep wat alle grense oorskry. Hoewel museums
bevraagteken word op grond van wat in die verlede versamel is en wat
toeganklik gemaak word, bly dit die mees bekende erfenisinstelling vir
die publiek. Argiewe staan ook bekend as die bewaarders van
herinnering. Nasionale biblioteke is minder bekend in daardie rol.
Nogtans is dit spesifiek die taak van die Nasionale Biblioteek van
Suid-Afrika om Suid-Afrika se gepubliseerde dokumentêre erfenis te
versamel, te bewaar en toeganklik te maak. Met miljoene items in sy
besit word die Nasionale Biblioteek volgens wetgewing verplig om te
"versamel". Dit is die uitsluitlike taak van
Suid-Afrika se erfenisinstellings om te versamel en voorwerpe in hulle
besit toeganklik te maak. Erfenisitems het daarin opgesluit
herinnering asook die moontlikheid van talryke verhale. In hierdie
verband probeer die Nasionale Biblioteek om 'n netwerk te vestig met
ander biblioteke, museums en argiewe ten einde inhoud en dienste te
deel, en ander kontak wat moontlik gemaak sou kon word deur die
elktroniese omgewing, te fasiliteer. Ten einde sodanige meer
gebruikersvriendelike navorsingsomgewing te bevorder, moet hierdie
instellings hulle kennisvennootskappe versterk om die bestuuur van
komplementêre komponente van fisiese, digitale en ander bronne te
vergemaklik. In navolging van internasionale tendense probeer die
Nasionale Biblioteek sy rol as die kern Suid-Afrikaanse
herinneringsintelling te ontwikkel.
'If they are as thirsty as all that, let them
come down to the pool': unearthing 'Wildlife' history and
reconstructing 'Heritage' in Gonarezhou National Park, from the late
nineteenth century to the 1930s
Mavhunga, Clapperton
Abstract:
'As hulle so dors is, laat hulle na die oel kom': die opgrawing van
'wildlewe' geskiedenis en die herkonstruksie van 'erfenis' in
Gonarezhou Nasionale Park, vanaf die laat negentiende eeu tot die
1930s
Gonarezhou
is Zimbabwe se tweede grootste wildreservaat, geleë in die droogste
en warmste deel van die land. Dit beslaan 4964 vierkante kilometer en
word in die noorde begrens deur die Save Runderiviersamesmelting, in
die suide deur die Limpoporivier, in die ooste deur Mosambiek en in
die weste deur die Malipi Safarigebied. Die gebied word gekenmerk deur
digte mopani bos wat veilige skuiling en habitat bied aan die
wild wat tussen Suid-Afrika en Mosambiek beweeg. Voor 1968 is die
gebied bewoon deur die Hlengwe, dit is Tsonga-mense met taal-en
familieverbintenisse met inwoners in die suid-westelike gebied van
Mosambiek en in die noorde van Suid-Afrika. Voorts het Shona en
Ndebele-mense ook die gebied bewoon. Die belang van hierdie park is
geleë in die toekomstige insluiting by die Groot Limpopo
trangrenspark (Kaart 2), 'n eko-toerisme inisiatief van Suid-Afrika,
Zimbabwe en Mosambiek. Die ryk wildlewe van die park het besoekers
gelok sedert die Swahili-periode to gedurende die laat twintigste eeu,
hoofsaaklik weens ivoor en handelsmoontlikhede. Grootwildjag is
bevorder deur die beskikbaarheid van vuurwapens via die Indiese
Oseaan, terwyl uitgaande ivoor dieselfde roete gevolg het. Die
Gonarezhou is 'n historese wildlewekompleks wat gestalte gee aan
verskillende manifestasies van erfenis geskep deur mense se benutting
van grond en natuurlike hulpbronne. In hierdie artikel word ondersoek
ingestel na voor-koloniale inwoners se opvatting van erfenis en die
veranderings in die begrip en aanwending van daardie erfenis in die
koloniale periode. Dit word aangevoer dat in beide die voor sowel as
die koloniale periode, erfenis gesien is as daadwerklike eienaarskap
van die omgewing en sy bronne. Hierdie eienaarskap het grootliks berus
op politieke mag, indien nie volledige nie, en in sommige gevalle het
die behoud of verwerwing van politieke mag bepaal hoeveel indien
enigsins, erfenis funksioneel gebly het of funksionaliteit verbeur
het.
Future of the past: access to public archives
in southern Africa and challenges to historical research
Ngulube, Patrick
Abstract:
Toekoms van die verlede: toegang tot die openbare argiewe in
suider-Afrika en die uitdagings vir historiese navorsing
Geskiedkundige
navorsing oor die menslike beskawing is aangewese op die
beskikbaarheid van argiefstukke. Die toekoms van argiewe in suidelike
Afrika is nie 'n uitgemaakte saak nie. Daar is 'n aantal versperrings
vir navorsers om inligting uit argiefmateriaal te ontsluit. Van die
grootste hindernisse is wetlike aspekte en die argief se
keuringsbeleid. Verder, argiefstukke wat as vertroulik, of as hoogs
geheim, geslote bly, strem navorsing. Meer praktiese probleme sluit in
ongerieflike sluitingstye en die gebruik van tegnologiese hulpmiddels.
Die opeenhoping van onverwerkte (of ongeklassifiseerde) argiefstukke
en die gebrek aan 'n uitvoerbare strategie vir die hantering en beheer
van argiefmateriaal, frustreer die navorser en maak navorsing dikwels
bykans onmoontlik. In die studie word 'n beroep op historici gedoen om
betrokke te raak in die proses om 'n meer doeltreffende argiefstelsel
vir toekomstige gebruikers te skep.
Hegemoniese Afrikanermanlikheid en die
"Ander" in die voorapartheidsfase: D.C. Boonzaaier se
Hoggenheimerkarikatuur
Du Pisani, Kobus
Abstract:
Hegemonic Afrikaner masculinity and the 'Other' in the
pre-Apartheid phase: D.C. Boonzaier' Hoggenheimer caricature
The
objectrive in the article is to indicate how the concept of the
'Other' can be used as an analytical instrument in an investigation
into the construction of hegemonic masculinity. It is done in the
context of an analysis of the facets of D.C. Boonzaaier's cartoon
character Hoggenheimer in Die Burger. First there is a brief
theoretoical introduction on hegemonic masculinity and the concept of
the 'Other' There is also a brief sketch of the context in which
Boonzaaier operated as a cartoonist. Then follows a few traits of the
Hoggenheimer character in specifc relation to the manner in which the
'Other' was used in the twenties and thirties of the twentieth century
in Afrikaner nationalist circles in the process of constructing
hegemonic Afrikaner masculinity.
'Wretched folk, ready for any mischief': The
South African state's battle to incorporate poor whites and militant
workers, 1890-1939
601
Giliomee, Hermann
Abstract:
'Wretched folk, ready for any mischief': Die staat se stryd om
armblankes en militante arbeiders saam te snoer, 1890-1939
In
die studie word aandag gegee aan die armblanke-verskynsel in die laat
negentiende en vroeë twintigste eeu. Daar word gelet op die wyse hoe
bevoordeling van hierdie groepering dikwels ten koste van die
swartmense plaasgevind het. Suid-Afrika, strydig met die algemene
opvatting, is geleë in 'n landstreek wat nie heeltemal vir die
boerdery geskik is nie. Gevolglik het verarming plaasgevind en
boerende mense was toenemend verplig om aan 'n verstedelikingsproses
deel te neem. Dié proses was traumaties vir die Afrikaners. Die
Afrikaners wat deel van die stedelike proletariat geword het, was in
baie opsigte net soos hulle bywoner-ekwivalent op die platteland
behoeftig en deel van 'n agtergeblewe segment van die blanke bevolking
wat onder omstandighede soos die Rebellie van 1914-5 en die Randse
Staking van 1922 bepaalde sentimente gekoester het. Die Paktregering
het met die beleid van 'beskaafde arbeid' die weg voorberei om die
blankes te akkommodeer Terselfdertyd moes nywerheidsontwikkeling
bevorder word. Die Carnegieverslag in die dertigerjare het 'n
treffende indruk van die armblankes geskep. Die regering het te midde
van ekonomiese herstel, ná die depressie en 'n ekonomie wat besig was
om vir 'n oorlog voor te berei, daarin geslaag om werkloosheid onder
die blankes te verminder.
An assessment of the impact of economic
sanctions on Rhodesia's cattle industry, 1965-1972
Samasuwo,
Nhamo W.
Abstract:
'n Beoordeling van die impak van ekonomiese sanksies op die
Rhodesiese beesboerdery, 1965-1972
In
die beskrywing van die oneffektiwiteit van sanksies word baie aksent
op die mite van 'Rhodesiese vindingrykheid' geplaas. In die artikel
word aangevoer dat die 1964-handelsooreenkoms baie gedoen het om
Rhodesië daartoe in staat te stel, om deur middel van Suid-Afrika,
sanksies die hoof te bied. Verder word gelet op die anomalie van
Suid-Afrika se rol in die sogenaamde redding van die Rhodesiese
beesvleisbedryf. Daar word beskryf hoe die onwettige uitvoer van
beesvleis deur die bemiddeling van Suid-Afrika plaasgevind het. Deur
die ooreenkoms van 1964, asook die samewerking van Suid-Afrikaanse
verbintenisse op die kontinent, het Rhodesië daarin geslaag om genoeg
buitelandse kapitaal te verdien sodat landbou-diversifikasie kon
plaasvind. Rhodesië se pogings is egter later verydel deur die
ekonomiese en politieke krisis wat deur sanksies meegebring is.
Die Afrikaner en die demokrasie II: die dekades voor 1948
Scholtz, Leopold; Scholtz, Ingrid
Abstract:
The Afrikaner and democracy II: the decades before 1948
In
this second and last part of a series the authors show that one of the
most intense Afrikaner debates of the thirties and forties revolved
around the nature of liberal democracy, capitalism and imperialism.
The need of so many poor Afrikaners, and the fact that capitalism was
seen as the other side of the coin of British imperialism, brought
about a situation where many Afrikaner thinkers and politicians sought
refuge under the umbrella of national socialism. The main protagonist
of this trend was the Ossewa-Brandwag (Ox-wagon Sentinel or OB), but
in the power struggle with the National Party (NP), the last mentioned
also became infected with national socialist about democracy. However,
after the OB neutralised itself by not participating in the 1943
election, these ideas largely fizzled out. Nevertheless, in the
process the NP started usurping the sovereignty which previously was
reserved for the volk and parliament. In the end, this helped bring
about a situation where the abuse of power of the NP reign became
possible.
Die VOC-tydperk en die ontwikkeling van identiteitsbewussyne aan
die Kaap
Kapp, Pieter
Abstract:
The VOC-era and the development of identity consciousnesses at the
Cape
To
what extent can it be claimed that modern South African identities
took shape during the period of VOC at the Cape? This question is
addressed against the background that in historiography it has often
been claimed that Afrikaner identity originated in the period of Dutch
rule at the Cape. In his doctoral thesis Ad Biewenga concluded that by
1730 the Cape was a Dutch colony in name and culture. This article
deals with the origins of five identities of which the first
footprints can be distinguished by 1795: The Afrikaner, the Khoi and
San, the mixed Cape population, the slaves and the Muslims. In the
conclusion the issue of whether these identities represent a true
reflection of the historical situation or a construction by modern
historians is discussed.
1652
- Die begin van kolonialisme in Suid-Afrika?
De
Klerk, P.
Abstract:
1652 - The beginning of colonialism in South Africa?
The
founding of the VOC refreshment station at the Cape in 1652 is often
referred to as the beginning of a period of colonialism in South
Africa which lasted until 1994. An examination of the definitions of
colonialism which are used by historians today reveals that some
scholars reserve the word colonialism for the system of Western
domination of large parts of Africa and Asia during the nineteenth and
twentieth centuries. There are, however, many historians today who use
the term to describe various forms of domination in world history from
the earliest times to the present. The article argues that only a
broad definition of colonialism makes it possible to understand
colonialism as a historical phenomenon. Various forms of colonialism
are identified and their role in South African history over the last
2000 years is briefly discussed. The discussion focuses on the role of
Dutch colonialism at the Cape within the broader context of the
history of colonialism in South Africa. It is pointed out that
colonialism during the VOC period differed in some essential respects
from colonialism in South Africa during the nineteenth and twentieth
centuries. During the Dutch period a process of integration between
the colonisers and the colonised peoples took place, while in the
later period processes of polarisation were dominant.
|