African
Journals Online
Health SA Gesondheid : interdisciplinary research journal
Volume 7 Number 4, December 2002
ABSTRACTS
Die kennis van adolessente in 'n Gautengse skool rakende MIV / VIGS:
research
Botha, Rolien; Beukes, Sonya; Nolte, Anna
Abstract:
MIV / VIGS (Menslike Immuniteitsgebreksvirus / Verworwe
Immuniteitsgebreksindroom) is 'n pandemie asook 'n internasionale probleem.
Sedert 1998 was MIV / VIGS verantwoordelik vir 11, 3 miljoen sterftes. In
Suid-Afrika is ongeveer 4, 2 miljoen mense met MIV / VIGS geïnfekteer en daar
is ongeveer 1500 - 1800 nuwe gevalle jaarliks. Volgens statistiese analise word
bereken dat teen 2010 ses miljoen van die oorlewende populasie met MIV / VIGS geïnfekteer
sal wees. Die groep onder wie die meeste nuwe infeksies plaasvind, is persone
tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar. Dit is belangrik dat ondersoek ingestel
moet word na die oorsaak vir die verhoogde koers van infeksies in hierdie
lewensfase. Die vraag wat ontstaan is of adolessente werklik kennis het oor MIV
/ VIGS, die gevolge daarvan, asook maatreëls wat bestaan om MIV / VIGS te
voorkom. Die doel van die studie is om die adolessente aan 'n skool in Gauteng
se kennis rakende MIV / VIGS te verken en te beskryf en om aanbevelings te doen
om geïdentifiseerde leemtes in adolessente se kennis aan te vul en klem te lê
op kennis wat versterk moet word. Vir die doeleindes van die studie is gebruik
gemaak van 'n verkennende, beskrywende en kontekstuele studie. Die adolessente
verbonde aan 'n skool in Gauteng se kennis rakende MIV / VIGS is verken met
behulp van 'n vraelys as data-insamelingsinstrument. Die vraelys het uit vyf oop
vrae bestaan en is deur adolessente binne klaskamers tydens skoolure voltooi.
Die algemene bevindinge toon dat adolessente wel oor 'n redelike goeie kennis
rakende MIV / VIGS beskik. Leemtes en wanpersepsies wat geïdentifiseer is, is
beskryf en na aanleiding van die bevindinge is aanbevelings beskryf ten einde geïdentifiseerde
leemtes in adolessente se kennis aan te vul en klem te lê op kennis wat
versterk moet word.
HIV / AIDS
is a pandemic as well as an international problem. Since 1998 HIV / AIDS has
been responsible for 11, 3 million deaths. In South Africa approximately four
million people are infected with HIV and there are 1500 - 1800 new cases
reported yearly. According to statistical analysis it is calculated that by
2010, six million of the population will be infected with HIV / AIDS. Most of
the new infections are among persons between 15 and 24 years of age. It is
important that the increased ratio of infections in this life phase must be
investigated. The question that arises is, do adolescents have knowledge of HIV
/ AIDS, the consequences of HIV / AIDS and what measures exist to prevent HIV /
AIDS. The purpose of this study is to explore and describe the knowledge of
adolescents at a school in Gauteng with regard to HIV / AIDS. As a result of the
findings recommendations will be described in order to enhance existing HIV /
AIDS knowledge and to overcome shortcomings in knowledge. For the purpose of
this study, use was made of an exploratory, descriptive and contextual design.
Adolescents of a school in Gauteng's knowledge with regard to HIV / AIDS were
explored with the use of a questionnaire as data collection instrument. The
questionnaire consisted of five open questions and was completed by participants
during school hours in a classroom.The general findings indicate that
adolescents do have a fairly good knowledge of HIV / AIDS. Shortcomings and
misperceptions identified were described and as a result of the findings,
recommendations are made to enhance identified shortcomings in knowledge.
Emotional support for adolescents who opted for termination of pregnancy:
research
Gmeiner, Antoinette; Van Wyk, Sandra; Mpshe, Winnie Seipati
Abstract:
The "Choice on Termination of Pregnancy Act" (CTOP) (No. 92 of 1996),
is viewed by most women as a means by which their wishes and expectations will
be realised for the first time (Orr, 1995: 140). Women now have the opportunity
to terminate a pregnancy under supervision, and are able to express and share
their feelings, without pretending to be emotionally strong. In a research
study, Mpshe (2000: 30-50) found that women got counseled on a cognitive level
only and therefore guidelines were derived from this research to support women,
including adolescents, on a more emotional level (Mpshe, Gmeiner & van Wyk,
2002). From the qualitative, explorative, descriptive and contextual research
study conducted to identify the experiences of adolescents who chose to
terminate a pregnancy, data was collected and themes and sub-themes were
identified. The data from the interviews, as well as the literature, formed the
basis for deriving guidelines to support these adolescents on an emotional
level. The focus of this article is on the description of guidelines for support
for these adolescents in order to promote their mental health. Guidelines
include a framework for supportive counselling consisting of a pre-termination
phase, an intra-termination phase, and a post-termination phase. These
guidelines are discussed in depth in this article.
Die "
Wet op Keuse van Terminasie van Swangerskap" (No. 92 van 1996) word deur
meeste vroue gesien as 'n manier waarop daar vir die eerste keer in hul wense en
verwagtinge voldoen word (Orr, 1995). Vroue kan nou wettiglik hulle swangerskap
onder supervisie beëindig. Hulle kan ook nou hulle gevoelens uitdruk en deel
sonder om voor te gee dat hulle emosioneel sterk is. In 'n navorsingsprojek
uitgevoer deur Mpshe (2000: 30-50) is gevind dat vroue slegs berading op 'n
kognitiewe vlak ontvang. Daar is vanuit hierdie navorsing riglyne gederiveer om
vroue, insluitend adolessente op 'n meer emosionale vlak te ondersteun (Mpshe,
Gmeiner & Van Wyk, 2002). 'n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en
kontekstuele navorsingstudie is gedoen om adolessente, wie gekies het om hul
swangerskap te termineer, se ervaringe te identifiseer. Die data vanuit die
onderhoude, sowel as die literatuur, het die basis gevorm vir die derivering van
riglyne om hierdie adolessente te ondersteun op 'n meer emosionele vlak. Die
fokus van hierdie artikel is die beskrywing van riglyne vir ondersteuning aan
hierdie adolessente om sodoende hul geestesgesondheid te bevorder. Riglyne sluit
'n raamwerk vir ondersteunende berading in en bestaan uit 'n pre-terminasie
fase, 'n terminasie fase en 'n post-terminasie fase. Hierdie riglyne word
volledig in hierdie artikel bespreek.
The lived experience of patients on mechanical ventilation: research
Jordan, Portia J.; Van Rooyen, Dalena; Strumpher, Johanita
Abstract:
Patients connected to a mechanical ventilator have to endure various experiences
and emotions, which are unique to each patient. These patients are subjected to
physical and emotional stress, which is related to the unfamiliar surroundings
of the intensive care environment and the limitations caused by the process of
ventilation. Factors that hamper the optimal functioning of patients on the
mechanical ventilator include the inability to communicate, the fear of
impending dependency and the reality of being faced with their own mortality.
The purpose of this study was to identify, explore and describe the experiences
of patients who were connected to a mechanical ventilator. A non-probability,
purposive sampling method was used. This sampling method was selected because
the researcher had to involve patients who were willing and able to communicate
their experiences. This was done by means of a conscious selection of patients
who had to meet the requirements of sampling criteria set out by the researcher.
Data was obtained by means of phenomenological interviews with respondents. Once
data was collected, interviews were transcribed verbatim. Data was then analysed
according to Tesch's method as described in Creswell (1994: 152). An independent
coder verified the identified major themes, namely: experiences of patients
related to the process of ventilation, as well as their experiences of the
environment while connected to the ventilator. A literature control was also
done to compare similarities and differences found in data analysis. Ethical
principles were maintained throughout the study. The identified experiences
formed the basis for the formulation of guidelines to assist the registered
nurse in the accompaniment of patients during the ventilation process.
Pasiënte
wat aan 'n meganiese ventilator gekoppel is, moet verskeie emosies en ervarings
deurmaak, wat aan elke persoon uniek is. Hierdie pasiënte word onderwerp aan
fisiese en emosionele stres wat verband hou met die onbekende omgewing van die
intensiewesorgeenheid, asook die beperkinge wat die proses van ventilasie
meebring. Faktore wat op die optimale funksionering van pasiënte inbreuk maak,
sluit die volgende in: die onvermoë om effektief met andere te kommunikeer,
vrees vir die ontwikkeling van totale afhanklikheid en die realiteit om van hul
eie mortalitiet bewus te word. Die doel van hierdie navorsingstudie was om die
belewenis van pasiënte wat aan die ventilator gekoppel was, te identifiseer,
verken en te beskryf. Data is deur middel van fenomenologiese onderhoudvoering
met respondente ingesamel. Na insameling van data is onderhoude verbatim
getranskribeer. Data-analise is daarna volgens Tesch se metode, soos in Creswell
(1994: 152) beskryf, uitgevoer. 'n Onafhanklike kodeerder het die geïdentifiseerde
hooftemas geverifeer, naamlik: ervarings van pasiënte met betrekking tot die
ventilasie proses, asook hulle ervarings van die omgewing terwyl hulle aan die
ventilator gekoppel is. 'n Literatuurkontrole is gedoen om ooreenkomste en
verskille in data uit te wys. Etiese beginsels is deurgaans in die studie
gehandhaaf.
Health beliefs and stress among non-insulin dependent
diabetes out-patients in a rural teaching hospital in South Africa: research
Bopape, Mantwa W.; Peltzer, Karl
Abstract:
The aim of this study was to explore the health beliefs and stress among
non-insulin dependent diabetes out patients. The sample included 60
respectively, 20 (33%) males and 40 (67%) females within the age range of 41 to
76 (Mean age 61 years, SD = 8.5) from a rural teaching hospital (Mankweng) in
Limpopo Province of South Africa. Main outcome measures included the exploratory
illness interview schedule, the perception of diabetes mellitus questionnaire
and the questionnaire on stress in patients with diabetes-revised. Psychosocial
stresses were found to have an important impact on the life of the diabetics.
'Leisure time' was identified as the most important stress factor, followed by
physical complications resulting from the disease and the way diabetes affect
the relationship with their partners. Most study participants emphasised medical
treatment and only used alternative treatments as secondary strategies. A number
of diabetic patients suffer from considerable psychosocial stress sometimes
associated with poor diabetic control. These patients need psychosocial care
incorporating both the patients' family and family background. Health care
providers need to consider using different counselling strategies to motivate
patients to comply with the treatment regimen and use the self-perception of
compliance held by patients to consolidate progress being made by the patient,
to enhance self-esteem and further improve overall patient functioning.
Die doel
van die navorsing was om die oortuigings oor gesondheid en stres van buitepasiënte
wat ly aan nie insulien afhanklike diabetes na te vors. Die steekproef het uit
sestig pasiënte van die plattelandse navorsingshospitaal Mankweng in die
Limpopo Provinsie in Suid-Afrika bestaan. Van die 60 proefpersone was 20 (33%)
manlik en 40 (67%) vroulik in die ouderdomsgroep van 41 tot 76 jaar (Gemiddelde
ouderdom van 61 jaar en standaardafwyking van 8.5). Die instrumente waarvan
gebruik gemaak is, was die volgende: "Exploratory Illness Review
Schedule", "Perception of Diabetes Mellitus Questionnaire" en
"The Questionnaire On Stress in patients with Diabetes-revised". Daar
is bevind dat psigososiale stressors `n groot invloed op die lewe van diabete
het. Die belangrikste stres faktor was vryetyd. Daarnaas was fisieke
komplikasies as gevolg van die siekte en die invloed van die siekte op die
verhouding van die pasiënte met hul lewensmaats ook redes vir stres. Die meeste
pasiënte het die belangrikheid van die gebruik van medikasie beklemtoon en het
alternatiewe medisyne slegs as sekondêre strategie gebruik. `n Aantal pasiënte
het gely aan erge psigososiale stres wat geassosieer word met swak kontrole van
diabetes. Hierdie pasiënte benodig psigososiale versorging wat beide die pasiënt
se familie en die familie agtergrond insluit. Gesondheidsversorgers behoort
verskillende beradingsstrategieë te gebruik om pasiënte te motiveer om
behandel te word. Pasiënte se aanvaarding van berading en samewerking is
bepalend vir die konsolidering van die pasiënt se vordering, verbeterde
selfbeeld en algemene funksionering.
The effectiveness of the Auditory Steady State Response
in diagnosing hearing loss in infants: review
Swanepoel, De Wet; Schmulian, Dunay; Hugo, Rene
Abstract:
This paper aims to provide a review of the emerging Auditory Steady State
Response in light of existing procedures for diagnosis of hearing loss in
infants. Determining the type, degree, and configuration of hearing loss in
infants is a challenge requiring sophisticated electrophysiological equipment of
which Auditory Evoked Responses, and more specifically the Auditory Brainstem
Response, are currently the most reliable and widely used. These techniques,
however, present with definite limitations. An emerging technique, the Auditory
Steady State Response, promises to address many of the existing limitations of
Auditory Evoked Response techniques. The Auditory Steady State Response exhibits
the potential to estimate reasonably accurate frequency specific hearing
thresholds across low and high frequencies in a time-efficient manner. Accurate
diagnosis of the magnitude and configuration of hearing loss is the first and
primary step toward effective and accountable intervention services to hearing
impaired infants. The Auditory Steady State Response technique, however,
requires further clinical validation and should be used in combination with the
Auditory Brainstem Response. This will ensure that results are cross-checked and
that more accurate and reliable diagnosis of hearing loss is made.
Hierdie
artikel poog om 'n oorsig te verskaf van die opkomende Ouditief Standhoudende
Respons teenoor huidige prosedures wat gebruik word om gehoorverlies in babas en
jong kinders te diagnoseer. Bepaling van die tipe, graad en konfigurasie van
gehoorverlies in babas en jong kinders is 'n uitdaging wat gesofistikeerde
elektrofisiologiese apparaat vereis waarvan Ouditief Ontlokte Response, en meer
spesifiek die Ouditiewe Breinstam Respons, huidiglik die mees betroubare en
algemene prosedure is. Hierdie tegnieke presenteer egter met duidelike
beperkings. 'n Opkomende tegniek, die Ouditief Standhoudende Respons, beloof om
baie van die huidige beperkings van Ouditief Ontlokte Response aan te spreek.
Die Ouditief Standhoudende Respons vertoon die potensiaal om akkurate frekwensie
spesifieke gehoordrempels oor die lae en hoë frekwensie spektrum te voorspel op
'n tydseffektiewe wyse. Akkurate diagnose van die grootte en konfigurasie van
gehoorverlies dien as die eerste en primêre stap na effektiewe en
verantwoordbare intervensie dienste vir gehoorgestremde kinders. Die Ouditief
Standhoudende Respons benodig egter nog verdere kliniese validasie en behoort in
kombinasie met die Ouditiewe Breinstam Respons gebruik te word. Dit sal verseker
dat alle resultate geverifieer word en dat meer akkurate en betroubare diagnoses
van gehoorverlies gemaak word.
Die verband tussen persoonlikheid en stemhiperfunksie by
'n bepaalde groep sprekers: research
Grey, Lani; Van der Merwe, Anita; Daws, Loray
Abstract:
People who use their voices in their daily profession sometimes tend to suffer
vocal abuse and fatigue. Vocal abuse, also known as vocal hyperfunction, can
lead to the surgical removal of vocal nodules. In order to ensure more effective
service delivery in these cases, researchers and clinicians have to view the
causal factors from a broad perspective. Due to the close relationship between
personality and voice it is important to investigate personality factors that
may have an influence on the development of vocal hyperfunction. The aim of this
study was to determine whether similar personality characteristics occur in a
group of speakers with vocal fold nodules and to investigate the group's results
on the 16PF personality questionnaire. A group of twelve female students who
were all potential professional voice users was studied. The group showed
elevated levels of extroversion, which implies that they have a tendency to be
socially aggressive, talkative and also display an inability to moderate their
exuberance during conversation. These qualities can lead to the development of
vocal hyperfunction and it appears that the group's extroverted personalities
translate to speech behaviour associated with vocal hyperfunction. The
implications for the traditional team of clinicians involved in the treatment of
voice hyperfunction are discussed.
Persone
wat hulle stemme in die uitoefen van hulle beroep gebruik, is soms geneig tot
stemmisbruik en stemuitputting. Stemmisbruik, ook genoem stemhiperfunksie, kan
aanleiding gee tot stembandnodules wat sjirurgies verwyder moet word. Ten einde
meer effektiewe diens te lewer in hierdie gevalle, word navorsers en klinici
genoodsaak om die oorsaaklike faktore vanuit 'n wye perspektief te benader.
Vanweë die noue verband tussen persoonlikheid en stem is dit belangrik om
ondersoek in te stel na persoonlikheidsfaktore wat 'n invloed mag hê op die
ontstaan van stemhiperfunksie. Die doel van hierdie studie was om te bepaal of
daar ooreenstemmende persoonlikheidseienskappe voorkom by 'n groep sprekers met
nodules en om te bepaal hoe die groep manifesteer op elke faktorskaal van die
16PF persoonlikheidsvraelys. 'n Groep van twaalf damestudente wat potensiële
professionele stemgebruikers is, is ondersoek. Die groep het verhoogde vlakke
van ekstroversie getoon wat onder andere meebring dat hulle sosiaal aggressief
en spraaksaam is en dit moeilik vind om hulle uitgelatenheid te kontroleer
tydens 'n gesprek. Hierdie persoonlikheidseienskappe kan lei tot
stemhiperfunksie en dit blyk dat hierdie persone se ekstroversiewe geaardhede
omgeskakel of oorgedra word na spraakgedrag wat lei tot stemhiperfunksie. Die
implikasies vir die tradisionele span klinici wat betrokke is by die hantering
van stemhiperfunksie word bespreek.
A computer-based teaching programme (CBTP) developed for
student nurses in an oncology clinical setting: research
Joubert,
Annemarie; Viljoen, Marlene J.; Venter, Jacobus A.
Abstract:
Die verpleegprofessie, soos ander professies, is daarop ingestel om studente vir
die praktyk voor te berei, en aandag moet veral geskenk word aan
studentverpleegkundiges se vermoë om hul bestaande kennis uit te brei en
verpleegsorgprobleme effektief op te los. 'n Rekenaargebaseerde onderrigprogram
(RGOP) vir die kliniese praktyk, om hierdie onderrigdoelwitte te bereik, word
bespreek. Doelstellings met die rekenaargebaseerde onderrigprogram, hierna
verwys as RGOP, was om 'n program te ontwikkel waar studentverpleegkundiges die
verantwoordelikheid vir leer en die identifisering van leerbehoeftes aanvaar,
asook die ontwikkeling van 'n diep benadering tot leer. Verder moes die RGOP ook
in die kliniese praktyk gebruik kon word. 'n Omvattende literatuurstudie is
gedoen om vas te stel hoe die bogenoemde doelstellings bereik kan word. Aspekte
wat onder andere in ag geneem is, is die verskillende leerteorieë, leer,
leerstyle, leerbenaderings, die gebruik van rekenaarstelsels in die
verpleegprofessie, die aard daarvan, navorsingsbevindinge, redes waarom
onderriginstansies rekenaargebaseerde onderrig implementeer, die voor en nadele,
en fases in die ontwikkeling asook kriteria waaraan voldoen behoort te word. Om
die inhoud van die RGOP saam te stel is onkologiese verpleegsorg gebruik. In die
finale vorm bestaan die rekenaargebaseerde onderrigprogram onder andere uit vier
kankertoestande en een-en-tagtig meerkeuse toets items om kennis te bevorder, en
'n gevallestudie om probleemoplossing te bevorder. Die outeur stelsel wat gekies
is, het die koppeling van inligting moontlik gemaak. Koppeling van inligting was
as belangrik beskou in die bevordering van 'n diep benadering tot leer.
The
nursing profession, like other professions, is focused on preparing students for
practice, and particular attention must be paid to the ability of student nurses
to extend their knowledge and to solve nursing care problems effectively. A
computer-based teaching programme (CBTP) for clinical practice to achieve these
teaching objectives, is discussed.The aim of the computer-based teaching
programme, hereafter referred to as the CBTP, was to develop a programme by
which student nurses accept the responsibility for learning and the
identification of learning needs, as well as the development of a deep approach
to learning. The CBTP was also designed to be used in clinical practice. An
extensive review of the literature was undertaken to determine how these aims
could be attained. Among the aspects taken into account were the various
learning theories, learning, learning styles, approaches to learning, the use of
computer systems in the nursing profession, their nature, research findings,
reasons why educational institutions implement computer-based instruction, the
advantages and disadvantages and phases of development as well as the criteria
that should be met. Oncological nursing was used to compile the content of the
CBTP. In its final form the computer-based teaching programme consists of, among
others, four cancer disorders and eighty-one multiple choice test items to
promote knowledge, and a case study to promote problem-solving. The authoring
system selected made the linking of information possible. The linkage of
information was considered to be important for the promotion of a deep learning
approach.
Evaluation of the effect of a computer-based teaching
programme (CBTP) on knowledge, problem-solving and learning approach: research
Joubert,
Annemarie; Viljoen, Marlene; Venter, Jacobus A.; Bester, Catharina J.
Abstract:
Eerstens word aandag gegee aan die effek van 'n rekenaargebaseerde
onderrigprogram (RGOP) op studentverpleegkundiges se kennis,
probleemoplossingsvaardighede en leerbenadering. Tweedens word die benutting van
die RGOP deur respondente ondersoek. Hoogs beduidende tot beduidende statistiese
verbetering in kennis het volgens die Wilcoxon se teken rangtoets, en
nie-parametriese vertrouensintervalle vir al die groepe behalwe die kontrole
groep (praktyk) voorgekom. Alhoewel statisties betekenisvolle verskille nie ten
opsigte van probleemoplossing voorgekom het nie, het die respondente se punte op
hulle posttoetse tog 'n verbetering getoon. In die praktyk is geen statisties
beduidende verandering in respondente se leerbenadering na benutting van die
RGOP gevind nie. Geringe verskille ten opsigte van die verskillende kategorieë
van leerbenaderinge (betekenis, reproduksie, nie-akademies en strategies) is wel
gevind. Die multimediarekenaarsentrum groep (MMS groep) het oor die algemeen
meer as die praktykgroep van die RGOP gebruik gemaak. Die mediaan sessies was 3
(praktyk) en 12 (MMS). Die verskil wat voorgekom het kan moontlik toegeskryf
word aan die feit dat die MMS groep onder baie streng gekontroleerde
omstandighede die navorsing voltooi het. Die mate waartoe die praktykgroep die
RGOP benut het, kon moontlik deur interne faktore soos byvoorbeeld 'n tekort aan
personeel, pasiëntladings, die verpleegsorgbehoeftes van pasiënte veroorsaak
gewees het. Dit wil voorkom of die RGOP wat ontwikkel was met die doel om kennis
in verband met onkologiese verpleegsorg te verbeter, wel effektief gebruik kan
word. Na aanleiding van al die resultate, word egter aanbeveel dat
rekenaargebaseerde onderrig nie in isolasie gebruik moet word om bepaalde
vaardighede by studente te ontwikkel nie, maar deel van 'n saamgestelde
onderrigpakket moet vorm.
In the
first instance attention is paid to the effect of a computer-based teaching
programme (CBTP) on the knowledge, problem-solving skills and learning approach
of student nurses. Secondly, the utilisation of a CBTP by respondents is
investigated. Highly significant to significant statistical improvement in
knowledge took place according to the Wilcoxon's sign rank test and
non-parametric confidence intervals for all groups except the control group
(practice). Although problem-solving did not reveal statistically significant
differences, the marks of the respondents for their post-test did show
improvement. In the practice group (oncology wards) no statistically significant
change in the learning approach of respondents was found after using the CBTP.
Slight differences were, however, found in the different categories of learning
approaches (meaning, reproduction, non-academic and strategic).On the whole the
multimedia computer centre group (MMC group) made more use of the CBTP than the
practice group. The median sessions were 3 (practice) and 12 (MMC). The
difference may possibly be ascribed to the fact that the MMC group completed the
research under very strictly controlled circumstances. The degree to which the
practice group utilised the CBTP may have been due to internal factors such as
staff shortage, case loads, and the nursing care needs of patients. It would
appear that the CBTP that was developed with the aim of improving knowledge of
oncological nursing can, in fact, be effectively used. However, in view of all
the results, computer-based teaching is not recommended to be used in isolation
to develop specific skills in students, but that it should form part of a
combined teaching package.
Evaluation of a computer-based teaching programme (CBTP)
developed for student nurses in an oncology clinical setting: research
Joubert,
Annemarie; Viljoen, Marlene; Venter, Jacobus A.
Abstract:
'n Rekenaargebaseerde onderrigprogram (RGOP) is na 'n omvattende
literatuurstudie oor leer, leerteorieë, -style en benaderings, tradisionele-,
studentgesentreerde- en onderrig deur hipermedia, en rekenaargebaseerde onderrig
ontwikkel, met die doel om 'n onderrigbenadering te implementeer waar
studentverpleegkundiges die geleentheid gegun word om verantwoordelikheid vir
leer te aanvaar, leerbehoeftes te identifiseer en 'n diep benadering tot leer te
volg. Kriteria wat tydens die ontwikkeling van die RGOP in ag geneem is, is
onder drie kategorieë, naamlik onderrigeffektiwiteit, kosmetiese-, program- en
kurrikulumdoeltreffendheid geklassifiseer en uiteindelik gebruik om 'n
evalueringsinstrument saam te stel. Die evalueringsinstrument het ook die
volgende hoof- en subkriteria ingesluit (sien Tabel 1): Onderrigeffektiwiteit:
Ontwerp, Prosedure, Effektiwiteit, Duidelikheid, Kosmetiese doeltreffendheid:
Voorkoms, Duidelikheid, Program doeltreffendheid: Ontwerp, Kurrikulum
doeltreffendheid: Ontwerp en inhoud. Nadat die RGOP vir 'n tydperk van twee
maande of 'n maksimum van ses ure deur respondente wat aan die navorsing
deelgeneem het gebruik is, is dit deur hulle aan die hand van die instrument geëvalueer.
Die navorsing is in twee situasies, naamlik in die verpleegpraktyk (twee
maande), waar minder beheer oor die respondente se benutting van die RGOP
moontlik was, en ook in 'n multimediarekenaarsentrum (MMS) (ses ure), geloods.
'n Vergelyking word getref tussen die resultate van die groep in die praktyk
(n=40) en dié van 'n groep wat in 'n multimediarekenaarsentrum (MMS groep)
(n=20) in gekontroleerde omstandighede op dieselfde program gewerk het. Om vas
te stel of daar 'n statisties betekenisvolle verskil tussen die twee groepe se
persentasie (binne elke afdeling van die instrument behaal) bestaan, is daar dus
van die nie-parametriese Mann-Whitney toets en 95% nie-parametriese
vertrouensintervalle gebruik gemaak. 'n Statisties betekenisvolle verskil tussen
die groepe word aangedui deur p < 0.5 en die vertrouensinterval wat die
waarde 0 uitsluit. Die mediaanverskil tussen die praktyk en MMS groep is as
volg: Ten opsigte van onderrigeffektiwiteit (duidelikheid) was die mediaan vir
beide groepe 100%. Die mediane van beide groepe, het ten opsigte van al die
kategorieë baie min verskil en het tussen 81.67% en 100% gewissel.
A
computer-based teaching programme (CBTP) was developed after a comprehensive
review of the literature with regard to learning, learning theories, traditional
and student-centred styles and approaches, teaching through hypermedia and
computer-based teaching. The aim was to implement a teaching approach whereby
student nurses would be given the opportunity to accept responsibility for
learning, to identify learning needs and to follow a deep approach to learning.
The criteria taken into account in the development of the CBTP were classified
into three categories, namely teaching effectiveness, cosmetic, programme and
curriculum effectiveness and were eventually used to compile an evaluation
instrument. The evaluation instrument also included the following main and
subcriteria (see Table 1): Teaching effectiveness: Design, Procedure,
Effectiveness, Clarity, Cosmetic effectiveness: Appearance, Clarity Programme
effectiveness: Design Curriculum effectiveness: Design and content After the
CBTP had been used for a period of two months or a maximum of six hours by the
respondents who took part in the research, the respondents evaluated the
programme with the aid of the instrument.The research was carried out in two
situations, i.e. in nursing practice (two months), where less control of the
respondents' utilisation of the CBTP was possible, and in a multimedia computer
centre (MMC) (six hours). A comparison was made between the results of the group
in practice (n=40) and those of a group who worked on the same programme under
controlled circumstances in a multimedia computer centre (MMC) (n=20). To
ascertain whether there was a statistically significant difference between the
percentages of the two groups within each section of the instrument, the
non-parametric Mann-Whitney test and 95% non-parametric confidence intervals
were used. A statistically significant difference between the groups is
indicated by p
|