Deense opperchirurgyn in Tafelbaai gekielhaal
Venter,
C.
Abstract: Danish Chief-Surgeon Keel-Hauled
in Table Bay
In December
1672 the Danish ship Oldenborg en route to trade in the East, anchored
in Table Bay. It was the duty of Jan Pietersz Cortemünde, the chief-surgeon on
board the Oldenborg, to take charge of the medical care of the large
number of ill crew members during their stay at the Cape. While Cortemünde and
a number of the crew went to collect some herbs for the sick, they were
entertained by a Capetonian at his house. The consequences of this social visit
was so extreme that Cortemünde became a fugitive from justice and had to hide
in the vicinity of the Salt River. After he had been taken prisoner the Court
of Justice sentenced him to be keel-hauled thrice in Table Bay. He survived
this ordeal and later described his experiences at the Cape in his diary.
In Desember
1672 het die Deense skip Oldenborg op sy handelsvaart na die Ooste in
Tafelbaai geanker. Dit was die taak van Jan Pieterz Cortemünde, die
opperchirurgyn aan boord van die Oldenborg, om tydens die verblyf aan
die Kaap die talle siek bemanningslede medies te versorg. Dit was in die uitvoering
van hierdie opdrag dat Cortemünde en 'n paar van die bemanningslede, terwyl
hulle na kruie gaan soek het, op uitnodiging deur 'n Kaapse inwoner aan huis
onthaal is. Hierdie sosiale kuier het so 'n ernstige nadraai gehad dat
Cortemünde 'n voortvlugtige van die gereg geword het en in die nabyheid van die
Soutrivier moes gaan skuil. Nadat hy gevange geneem is, is hy deur die Raad van
Justisie gevonnis om drie maal in Tafelbaai gekielhaal te word. Hy het die
voltrekking van die vonnis oorleef en later in sy dagboek sy ervaringe aan die
Kaap opgeteken.
A brief account of the life and war experiences of
Commandant T.F.J. Dreyer (1860-1943)
Dreyer,
J.
Abstract: 'n Kort verslag oor die lewe en
oorlogervaringe van Kommandant T.F.J. Dreyer (1860- 1943)
Gedurende
die laaste gedeelte van die Anglo-Boereoorlog beplan generaal J.C. Smuts om die
Oranjerivier oor te steek en die oorlog na die Kaapkolonie uit te brei. Hy neem
enkele lojale kommandos, insluitend die burgers van kommandant T.F.J. Dreyer
uit die Gatsrand met hom saam. Smuts slaag uiteindelik daarin om in die nag van
3-4 September 1901 die Oranjerivier oor te steek. As gevolg van die swak
toestand van die perde en manskappe van kommandante Dreyer en Piet Kritzinger,
besluit generaal Smuts om hulle tydelik in die Vrystaat agter te laat. Tydens
'n poging om die Kolonie binne te val op 28 September 1901, word kommandant
Dreyer en 'n aantal manskappe naby Jammersbergdrif gevange geneem. Hierdie
artikel is 'n kort verslag oor die lewe en Anglo-Boereoorlog-wedervaringe van
kommandant Dreyer.
During the
later part of the Anglo-Boer War, General J.C. Smuts planned to cross the
Orange River and extend the war into the Cape Colony. He anticipated taking
with him several loyal commandos, including that of Commandant T.F.J. Dreyer
and his Gatsrand burghers. Smuts eventually succeeded in crossing the Orange
River on the night of 3-4 September 1901. Due to the poor condition of the men
and horses under Commandants Dreyer and Piet Kritzinger, General Smuts decided
to leave them temporarily in the Free State. While attempting to enter the
Colony, Commandant Dreyer and a number of men were captured near
Jammersbergdrif, on 28 September 1901. This article is a brief account of the
life and Anglo-Boer War experiences of Commandant Dreyer.
Kultuurhulpbronbestuur (KHB) as museumfunksie
Van
Vollenhoven, Anton C.
Abstract: Cultural resources management
(CRM) as a function of museums
A number of
institutions are involved in CRM. Some of these have to comply herewith due to
legislative requirements. These include statutory institutions such as the
South African Heritage Resources Agency and the Department of Environmental
Affairs and Tourism. Other institutions such as the Human Sciences Research
Council, educational institutions and the community are indirectly involved.
The article discusses the involvement of all these institutions in CRM. Special
attention is given to the role museums play. By looking at the different
functions of museums, it is argued that CRM is indeed a main function of
museums.
'n
Verskeidenheid instansies is by KHB betrokke. Party hiervan word deur wetgewing
hierby betrek. Hieronder tel die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap en
die Departement Omgewingsake en Toerisme. Ander instansies soos die Raad vir
Geesteswetenskaplike Navorsing, opleidingsinstansies en die gemeenskap is
indirek betrokke. Die artikel het ten doel om kortliks die betrokkenheid van
die instansies by KHB te bespreek. Aandag word in die besonder aan die rol van
museums gegee. Deur na die onderskeie funksies van museums te kyk, word
aangevoer dat KHB inderdaad een van die hooffunksies van museums is.
Early encounters between China and Africa: myth or moment?
Harris,
Karen L.
Abstract: Vroeër ontmoetings tussen Sjina
en Afrika: mite of werklikheid?
Hierdie
artikel gee 'n oorsig van die historiografie, asook die geskiedenis, van die
vroegste moontlike maritieme kontak tussen Sjina en Afrika. Terwyl daar heelwat
spekulasie oor die aard en datum van die eerste ontmoeting tussen hierdie twee
kontinente is, is daar beperkte bewyse om voor-sestiende eeuse Sjinese
ekspedisies in die suidelike Afrikaanse omgewing te substansieer. Ten spyte
hiervan, het Sjinese Westerse navorsers respektiewelik vanaf die eerste eeu nC
en die twintigerjare van die 20e eeu, aansprake oor Sjinese kontak met die
suidelike en oostelike Afrikastreek gemaak. Sjina het weliswaar 'n hoogs
ontwikkelde skeepsboukapasiteit gehad lank voor die begin van die eeu van
wêreldwye Westerse ontdekkingsvaarte. Argeologiese opgrawings bevestig die
gesofistikeerdheid van die Sjinese maritieme tegnologie. Hierdie artikel fokus
op die seetogte van die legendariese Groot Eunug, Admiraal Cheng Ho, wat tydens
die Min-dinastie in die vroeë vyftiende eeu onderneem is. Die moontlikheid dat
hierdie onderneming die suidelike punt van Afrika bereik het, is hoogs
waarskynlik. Sjinese teen-ekpansionisme het Sjina na 1433 van hierdie oorsese
belange, en dus ook van kontak met suidelike Afrika onttrek. Die Sjinese sou
eers weer na die vestiging van 'n verversingstasie aan die Kaap deur die
Verenigde Oos-Indiese Kompanje in die middel van die sewentiende eeu terugkeer
- toe egter in baie klein getalle.
This
article presents an overview of the historiography, as well as the history, of
the possible earliest maritime contact between China and Africa. While there is
much speculation as to the nature and date of the first encounter between these
two continents, there is limited evidence to substantiate claims of pre
sixteenth century Chinese expeditions in the southern African region. Despite
this, since the first century AD and the 1920s, Chinese and Western scholars
have respectively made claims about Chinese arrivals in the southern and
eastern African region. China did indeed have a highly advanced ship building
capacity long before the dawn of the West's global age of sail, and
archaeological evidence bears testimony to the sophistication of Chinese
maritime technology. The article also focuses on the voyages of the legendary
Grand Eunuch , Admiral Cheng Ho, undertaken in the Ming dynasty in the early
fifteenth century. The possibility of this venture reaching the southern tip of
Africa is highly probable. However after 1433, Chinese anti-expansionism
withdrew China from the overseas realm and hence contact with southern Africa.
The Chinese were not to return until after the Dutch East India Company
established a refreshment station at the Cape in the mid-seventeenth century,
and then they were only present in extremely small numbers.
Die begrip hartbeeshuis
Raath, Hannes
Abstract: The concept hartbeeshuis
In this
study the current principal schools of thought or theories in
cultural-historical literature relating to the interpretation of the concept hartbeeshuis
are critically analysed and compared. Thereafter contemporary references
concerning the characteristics of the hartbeeshuis are given, as well as
subsequent oral and written accounts; taking these into consideration, the
concept hartbeeshuis is reconsidered and adapted
In hierdie
studie word die bestaande hoofdenkrigtings of -teorieë in die
kultuurgeskiedskrywing wat met die verklaring van die begrip hartbeeshuis
verband hou, krities ontleed en vergelyk. Dit word gevolg deur tydgenootlike
verwysings na die aard van die hartbeeshuis, asook latere mondelinge en
skriftelike getuienis, na aanleiding waarvan die begrip hartbeeshuis heroorweeg
en aangepas word.
'Het behoorlijk zegel': seals at the Cape during the period of Dutch
administration
Laing,
Robert A.
Abstract: Seëlkunde of sfragistiek is 'n
belangrike hulpmiddel vir baie fasette van historiese navorsing. Die vernaamste
deel van ons heraldiese erfenis uit die VOC bewind 'op het Kaap' bestaan uit
lak-afdrukke van seëls. Die seël is 'n gegraveerde matrys of stempel wat
gebruik is om dokumente en ander voorwerpe te merk. Die term is ook vir die
merk as sodanig gebruik. Nog voor die meeste mense kon lees en skryf is seëls
gebruik om persoonlike besittings en ander items te identifiseer. In Suider
Afrika het die gebruik van seëls aan land met die stigting van 'n verversingpos
deur die VOC in 1652 'n aanvang geneem. (BROWNELL)
"Die
seëlkunde is 'n belangrike hulpmiddel by baie gedeeltes van historiese
navorsing. Die grootste komponent van ons heraldiese erfenis uit die VOC bewind
aan die Kaap, bestaan uit lakafdrukke van seëls, 'n Seël is 'n gegraveerde
matrys of stempel wat gebruik is om dokumente en ander voorwerpe te
sertifiseer. Die term word ook gebruik vir die merk self. Lank voor die koms
van skrif, is seëls gebruik om persoonlike besittings en afkoms (=origins) te
merk. In Suider Afrika gaan die gebruik van seëls terug na die stigting van 'n
verversingspos aan die Kaap deur die VOC die Kaap in 1652" (DU TOIT)
Sigillography
is an important auxiliary to many areas of historical research. The most
significant component of our heraldic heritage from the VOC period at the Cape
is to be found in the wax impressions of seals from that time. The seal is an
engraved die or stamp used to certify documents and other property. The term is
also used for the mark itself. Long before the widescale advent of reading and
writing, seals were used to mark personal instruments. In Southern Africa the
use of seals can be traced back to the establishment of a refreshment station
by the VOC in 1652.
Laat-Victoriaanse invloed op die interieurinrigting van
twee van Bloemfontein se bekendste wonings, 1880-1900
Botes, S. Marianna
Abstract: The Victorian style period or era
is named after Queen Victoria, who was on the British throne from 1837 to 1901.
This style also influenced other countries, for example South Africa. The
Victorian era is usually divided into the Early Victorian, Mid Victorian and
Late Victorian periods, each with its own characteristics and style trends.
This
article investigates the style trends of the Late Victorian period, (c.
1870-1901) with the aim to determine the influence of the Victorian style on
domestic interiors in Bloemfontein during the years 1880 to 1900. To this
purpose photographs of the interiors of two well-known homes in Bloemfontein
during the above-mentioned period are analysed. Although only a few photographs
of interiors from this period could be found, these allow the researcher to
form an idea of the appearance of domestic interiors in Bloemfontein during
1880 to 1900. The interior decorating and furnishing in Bloemfontein until 1900
was still strongly dominated by Late Victorian trends, although the influence
and change to the Edwardian style trends became gradually evident. In
Bloemfontein the years between 1890 and 1900 formed a transitional period
between the Late Victorian and Edwardian eras.
Die
Victoriaanse styltydperk is vernoem na koningin Victoria, wat van 1837 tot 1901
op die Britse troon was. Dié styl het ook in ander wêrelddele, soos
Suid-Afrika, 'n groot invloed gehad. Dié stylperiode word in drie subtydperke
onderverdeel, naamlik Vroeg-Victoriaans, Middel-Victoriaans en
Laat-Victoriaans, elkeen met sy eie kenmerke.
Hierdie
artikel ondersoek die stylkenmerke van die Laat-Victoriaanse periode (ca.
1870-1901) om te probeer vasstel in watter mate dit die interieur-inrigting van
wonings in Bloemfontein gedurende 1880-1900 beïnvloed het. Met dié doel is
interieurfoto's van twee van die bekendste wonings in Bloemfontein uit daardie
tydperk ontleed. Ofskoon min foto's van interieurs uit die betrokke tydperk
behoue gebly het, gee enkele foto's wat wel opgespoor kon word, aan die
navorser 'n goeie idee van hoe wonings van 1880 tot 1900 in Bloemfontein
ingerig is. Interieur-inrigting in Bloemfontein tot ongeveer 1900 het nog
grotendeels kenmerke van die Laat-Victoriaanse styl vertoon, terwyl die invloed
van die Eduardiaanse tydperk geleidelik sigbaar begin word het. In Bloemfontein
was die jare tussen 1890 en 1900 dus 'n oorgangstydperk tussen die
Laat-Victoriaanse en Eduardiaanse stylperiodes.