A model to optimize payloads at PFG Building Glass
Brits,
R.; Conradie, P.J.
Abstract: While improving customer service by
allowing user definable mixed load orders of their plate glass product, PFG
Building Glass was confronted with a problem of calculating the feasibility and
optimum load layout for transporting the glass, without transgressing the
regulatory requirements. In this article the development of an integrated solution
is discussed, including the definition of a mathematical model that calculates
the axle weights, the optimization model based on linear programming, as well
as the user interface for their current information system. The solution
enables the company to proceed with e-commerce service to clients, since the
system can evaluate the transport feasibility and give real time feedback to
clients.
Die
uitbreiding van kliëntediens by PFG Building Glass om bestellings van gemengde
glasplaatprodukte per vrag te aanvaar, het die onderneming voor 'n uitdaging
geplaas om te bereken of sulke bestellings binne die wetlike regulasie vervoer
sal kan word. Hierdie artikel bespreek die ontwikkeling van 'n geïntegreerde
oplossing wat bestaan uit 'n wiskundige model wat die gewig per as bereken, 'n
optimiseringsmodel wat die vraguitleg bepaal en op liniêre
programmeringsbeginsels gebaseer is, sowel as die gebruikersintervlak met die
onderneming se bestaande inligtingstelsel. Hierdie ontwikkeling stel die
onderneming instaat om 'n e-besigheidsdiens vir kliente daar te stel, aangesien
terugvoer oor die uitvoerbaarheid van 'n bestelling uit 'n vervoeroogpunt
intyds aan die kliënt gekommunikeer kan word.
A two-product inventory system with product interaction
Yadavalli,
V.S.S; .Hargreaves, C.
Abstract: In this paper, we study a
two-component continuous review inventory system. We assume that demand occurs
according to a Poisson process and that a demand can be satisfied only if both
the components are available in the inventory. Back-orders are not permitted.
We assume that the lead-time distribution of one product is arbitrary and the
other is exponential. Identifying the underlying process as a semi-regeneration
process we find the stationary distribution of the inventory level, the
performance measures such as mean stationary rate of number of lost demands,
the demands and the reorders made. A numerical example illustrates the results.
Die artikel
ondersoek 'n tweekomponent- deurlopende oorsigvoorraadstelsel. Daar word aanvaar
dat aanvraag 'n Poissonproses is en dat aanvraag slegs bevredig kan word indien
beide die komponente in die voorraad beskikbaar is. Agterstallige bestellings
word nie toegelaat nie. Daar word aanvaar dat die lewertydverdeling van die een
produk arbitrêr en die ander eksponensieël is. Indien die onderliggende proses
as 'n semigenerasieproses geïdentifiseer word, kan die stasionêre verspreiding
van die voorraadvlak bepaal word. Maatstawwe van vertoning soos
mediaan-stasionêre koers van die hoeveelheid verlore aanvraag, die aanvraag en
herbestellings wat gedoen is word bepaal. 'n Numeriese voorbeeld illustreer die
resultate.
Control charts for stationary vector arma processes
Yadavalli,
V.S.S.; Claasen, S.J.
Abstract: In practice, there are many quality
control situations where a product under consideration may have two or more
interrelated quality characteristics and observations of each characteristic
are serially correlated. One of the objectives of management is to investigate
whether or not all these characteristics of the product simultaneously satisfy
the required specifications. To the author's best knowledge, no concrete
attempts have been made so far to construct the control charts for such
situations, particularly when the data arise from vector autoregressive-moving
average (VARMA) processes. It is this problem that has been addressed in this
paper. A few methods are suggested for constructing the control charts. When
assumptions about independence and normality break down, a bootstrap method, perhaps
for the first time, is suggested to attack the problem. Some illustrative
examples are discussed.
In die
praktyk is daar vele kwaliteitbeheersituasies waar 'n betrokke produk een of
twee onderling verbonde kenmerke kan hê en waarnemings van elke kenmerk serie
gekorreleer is. Een van die doelwitte van bestuur is om te ondersoek of hierdie
kenmerke van die produk gelyktydig aan die vereiste spesifikasies voldoen al
dan nie. Na die outeur se beste wete, is daar tot dusver geen daadwerklike
pogings aangewend om die beheergrafieke vir sodanige situasies op te stel nie,
veral waar die data ontstaan uit vektor outoregressief bewegende gemiddelde
(VARMA) prosesse. Hierdie probleem geniet in hierdie artikel aandag. 'n Aantal
metodes vir die opstel van die beheergrafieke word voorgestel. Wanneer aannames
oor selfstandigheid en normaliteit faal, word 'n skoenlusmetode voorgestel om
die probleem die hoof te bied. 'n Aantal voorbeelde ter toeligting word
bespreek.
The art of simulation modelling
Kruger,
P.S.
Abstract: It is the contention of the author
that practising the "art" of modelling has been, and always will be,
of great importance to the ultimate success of any project employing a
simulation approach. Yet very few publications address this aspect of simulation
modelling exclusively. This paper is an attempt to focus attention on some of
these "softer" issues of simulation modelling. By using the concept
of a Simulation Syndrome the paper endeavours to highlight some of these issues
and to serve as a reminder to simulation modellers of some aspects of the
"art" of modelling that are often taken for granted.
"Advice
is seldom welcome; and those who want it the most always like it the
least" Lord
Chesterfield
Die outeur
is van mening dat die "kuns" van modellering van groot belang is vir
die uiteindelike sukses van enige projek waar gebruik gemaak word van 'n
simulasiebenadering. Nietemin bestaan daar weinig publikasies waar hierdie
aspek van simulasiemodellering spesifiek aangespreek word. Hierdie artikel is
'n poging om die aandag te vestig op sommige van die "sagter" aspekte
van simulasiemodellering en die doelwit word bereik deur gebruik te maak van
die konsep van 'n Simulasie-Sindroom. Op hierdie wyse word die gebruikers van
simulasiemodellering herinner aan somminge aspekte van die "kuns" van
modellering wat dikwels as vanselfsprekend aanvaar word.
IS environmental alignment and business performance: a conceptual approach
Garg,
K.; Joubert, R.J.O.; Pellissier, R.
Abstract: This paper proposes a conceptual
model termed "IS environmental alignment" that focuses on the support
provided by IS strategy to minimize the gap between perceived environmental
uncertainty and realized / objective environmental conditions. The model uses
the Chan et al alignment measurement method to measure IS strategic alignment
as it provides a quantitative measure. In due course the proposed model would
be tested in industry and would examine the affect of IS environmental
alignment on business performance. The implication of the model lies in the
effective use of deployed IS systems by organizations.
'n
Konsepmodel word voorgelê wat handel oor "IS-omgewingsaanpassing".
IS-strategie-ondersteuning by die minimisering van die gaping tussen waargenome
omgewingsonsekerheid en gerealiseerde / objektiewe omgewingstoestande. Die
model maak gebruik van die Chan et al aanpassingsmeetmetode om
IS-strategie-aanpassing op 'n kwantitatiewe basis te bepaal. Met die verloop
van tyd sal die konsepmodel in die praktyk getoets word om te toon hoe IS-strategie-aanpassing
sakevertoning affekteer. Die effektiewe ontplooiing van IS-stelsels by
ondernemings word voorgehou.
An environmental comparison of plastic and paper consumer
carrier bags in South Africa: implications for the local manufacturing industry
Sevitz,
J.; Brent, A.C.; Fourie, A.B.
Abstract: The conventional consumer carrier
bags have recently received considerable attention in South Africa. The choice
of material for these bags, based on environmental preferences in the South
African context, could significantly influence the local manufacturing
industry. Life Cycle Assessment (LCA), an environmental management tool, has
been applied to objectively evaluate and compare the overall environmental
impacts of the complete life cycles (from raw material extraction to final
disposal) of consumer plastic and paper carrier bags in South Africa. Paper
bags have a higher carrying capacity compared to plastic bags and different use
ratios were subsequently evaluated. Plastic bags have a lower environmental
impact for use ratios of up to 2.5 plastic bags to one paper bag. Above this
ratio the conclusions are not reliable. Paper bags would need to increase its
recycled content significantly to be competitive in terms of environmental
impacts. The re-use of thicker plastic, as proposed by the new plastic bag
legislation, has the potential to significantly lower the impact of plastic
bags.
Die
konvensionele gebruikersdrasakke het onlangs aansienlike aandag in Suid-Afrika
ontvang. Die keuse van materiaal vir hierdie sakke, wat gebaseer is op
omgewingsvoorkeure in die Suid-Afrikaanse konteks, kan 'n wesenlike invloed
uitoefen op die plaaslike vervaardigingsindustrie. Lewenssiklusanalise (LCA),
'n omgewingsbestuurgereedskap, is aangewend vir 'n objektiewe evaluasie en
vergelyking van die algehele omgewingsimpakte van die totale lewenssiklus
(vanaf grondstofekstraksie tot finale wegdoening) van gebruikersplastiek- en
papierdrasakke in Suid-Afrika. Aangesien papiersakke 'n hoër drakapasiteit het
in vergelyking met plastieksakke, is verskillende gebruiksverhoudings evalueer.
Plastieksakke het 'n laer omgewingsimpak vir gebruiksverhoudings tot en met 2.5
plastieksakke vir elke papiersak. Die gevolgtrekkings van die studie is nie
betroubaar vir hoër verhoudings nie. Die persentasie hergesirkuleerde materiaal
in papiersakke moet verhoog word om mededingend te wees in terme van
omgewingsimpak. Die hergebruik van dikker plastiek, soos voorgestel deur die
nuwe plastieksakwetgewing, het die potensiaal om die algehele impak van
plastieksakke wesenlik te verlaag.-
The development of a performance measurement system for maintenance
Visser,
J.K.; Pretorius, M.W.
Abstract: Business enterprises are under
increasing pressure to become internationally competitive due to globalisation.
World-class companies from abroad can now easily compete with local companies,
introducing high quality products and services to the local community and
industry. The pace of technological change is also forcing companies to
increase productivity and to become more cost effective. Performance management
is part of the strategic management process in the business enterprise and the
maintenance department therefore has to address this as part of the strategy
formulation for the maintenance function. This paper outlines the strategic
management process that is required in the maintenance department and defines a
systematic process to develop a performance measurement system for maintenance.
Besigheidsondernemings
is onder toenemende druk om internasionaal kompeterend te word weens
globalisering. Wêreldklas maatskappye kan nou maklik met plaaslike maatskappye
meeding deur hoë kwaliteit produkte en dienste aan die plaaslike gemeenskap en
nywerheid te lewer. Die tempo van tegnologiese verandering dwing maatskappye
ook om produktiwiteit te verhoog en meer koste-effektief te word.
Prestasiebestuur is deel van strategiese bestuur in 'n onderneming en die
instandhoudingsafdeling moet derhalwe prestasiebestuur aanspreek as deel van
die ontwikkeling van strategie vir die instandhoudingsfunksie. Hierdie artikel
bespreek die strategiese bestuursproses soos benodig in die
instandhoudingsafdeling en stel 'n sistematiese proses voor vir die
ontwikkeling van 'n prestasiemetingstelsel vir instandhouding.
Investigation
of an appropriate technology forecasting process for Sasol for the new energy
era
Ma, L.;
Buys, A. J.
Abstract: Sasol is predominantly an
energy-based company. The energy industry is undergoing a fundamental
transformation that may have a profound impact on Sasol's overall business.
This study has been carried out to investigate the need to establish an
appropriate technology forecasting process for the new energy era. Although
there exist some evidence of technology forecasting within Sasol, they are scattered
and unsophisticated. Technology forecasting as a tool enables managers to make
better decisions and encourages networking and knowledge sharing within the
organization, an important trait of a 'Learning Organization'. A theoretical
framework of technology forecasting for Sasol is thereby formulated.
Sasol is
hoofsaaklik 'n energie-gebaseerde maatskappy. Die energie-industrie ondergaan
tans 'n diepgaande transformasie wat 'n wesenlike impak kan hê op Sasol se
totale besigheid. Hierdie studie is uitgevoer om die behoefte vir 'n toepaslike
tegnologie-vooruitskattingsproses vir die nuwe energie-era te bepaal. Alhoewel
daar bewyse bestaan vir tegnologie-vooruitskatting binne Sasol, is dit
verspreid en ongesofistikeerd. Tegnologie-vooruitskatting is 'n gereedskapstuk
wat bestuurders in staat stel om beter besluite te neem en bevorder die gebruik
van netwerke en kennis-uitruiling binne die organisasie, 'n belangrike eienskap
van 'n 'Lerende Organisasie'. 'n Teoretiese raamwerk vir
tegnologie-vooruitskatting vir Sasol word sodoende geformuleer.
The development and evaluation of an improved Cloverleaf
model for the assessment of technology readiness for commercialisation
Oosthuizen,
R.; Buys, A.J.
Abstract: Technology commercialisation is the
process that converts technology that was developed for the government, e.g.,
defence technology, to commercial use, thereby benefiting the wider community.
As technology commercialisation is a high risk and expensive process, care must
be taken to commercialise only those technologies with the best chances for
success. Heslop, McGregor & Grifith developed the Cloverleaf Model to
assess technology readiness for commercialisation. This model is evaluated and
improved for use in the South African environment.
Die
kommersialisering van tegnologie is die proses waardeur tegnologie wat
ontwikkel is vir die Staat, byvoorbeeld verdedigingstegnologie, omgeskakel word
vir kommersiële gebruik tot voordeel van die breër gemeenskap. Aangesien
tegnologie-kommersialisering 'n hoë-risiko en duur proses is, moet net daardie
tegnologieë gekommersialiseer word wat die beste kanse vir sukses het. Heslop,
McGregor & Grifith het die Cloverleaf Model vir die assessering van
tegnologie-gereedheid vir kommersialisering ontwikkel. Hierdie model is
ge-evalueer en verbeter vir gebruik in die Suid-Afrikaanse omgewing.
The development of a computer driven jigsaw
Lubbe,
A.J.; Raath, H.
Abstract: With a jigsaw, sharp inside corners
can only be sawn out if the blade of the jigsaw is lifted out of the material
and the corner is approached from two different sides. For the blade to be able
to re-enter the material no material must be present at the entry point. The
most important feature of an automated jigsaw is that it should be able to
round off inside corners on a contour and automatically return to these corners
to remove material left between the round off and the contour. With this
development project an automated jigsaw machine was designed, built and tested.
Emphasis fell on the development of software that enables one to draw contours
that need to be sawn out, change these contours into cutter paths for the
jigsaw and transform the cutter paths into digital format necessary to control
the jigsaw machine via the parallel port of a personal computer.
'n
Figuursaag kan slegs skerp binnehoeke saag as die lem uit die materiaal
uitgelig word en die hoek van twee kante af gesaag word. Waar die lem weer in
die materiaal ingaan, mag geen materiaal aanwesig wees nie. Die belangrikste
eienskap van 'n ge-outomatiseerde figuursaag is dat kontoere so gesaag moet
word dat binnehoeke afgerond kan word en die materiaal tussen die afronding en
die gewensde kontoer outomaties verwyder moet word. Met hierdie
ontwikkelingsprojek, is 'n ge-outomatiseerde figuursaag ontwerp, gebou en
getoets. Die klem van die projek val op die ontwikkeling van sagteware waarmee
kontoere wat uitgesaag moet word, geteken kan word, omgeskakel kan word in 'n
snyerpad vir die saaglem en gebruik kan word vir digitale beheer van die
saagmasjien deur gebruik te maak van die parallelpoort van 'n persoonlike
rekenaar.
Learning management systems: engineering the education
industry to educate the industrial engineer
Van Dyk,
L.
Abstract: A learning management system (LMS)
is any infrastructure on which e-learning can be built and delivered. In this
article two sides of the LMS coin are investigated: On the one side, it is
argued that industrial and systems engineering skills are equally relevant for
learning systems as for as for any other system. To support this argument, an
analogy is drawn between the management of learning systems and the management
of manufacturing systems. On the other side of the coin, the educational issues
and concerns related to implementing an LMS at the University of Pretoria are
investigated by means of a case study in the Industrial Engineering department.
It is concluded that the industrial engineering educator is in the unique
position of understanding and contributing towards the engineering of the
education industry whilst educating the industrial engineer.
'n
Leerbestuurstelsel (LMS) is enige infrastruktuur waarop e-leer gebou en
afgelewer kan word. In hierdie artikel word beide kante van die LMS muntstuk
ondersoek: Aan die een kant word getoon dat bedryfsingenieursvaardighede en
-beginsels ewe toepaslik is op leerstelsels as op vervaardigingstelsels. Om
hierdie argument te steun word 'n analogie getrek tussen die bestuur van
leerstelsels en die bestuur van vervaardigingstelsels. Aan die ander kant van
die muntstuk word die opvoedkundige aspekte verbonde aan die implementering van
'n leerbestuurstelsel (LMS) aan die Universiteit van Pretoria ondersoek aan die
hand van 'n gevallestudie in die Bedryfsingenieursdepartment. Die
gevolgtrekking word gemaak dat die bedryfsingenieurs-opleier in 'n unieke
posisie is om die opleidingsindustrie te begryp en by dra tot the ontwikkeling
daarvan terwyl die bedryfsingenieur opgelei word.