African
Journals Online
SA Journal of Industrial Psychology
/Tydskrif vir Bedryfsielkunde
Volume 28, Issue 3, 2002
ABSTRACTS
'n Psigometriese oudit op 'n bestaande
keuringsprosedure
Cross, E.; Marais, W.; Steel, H.; Theron, C.C.
Abstract: The validity and credibility of assertions on the
efficiency and equity of selection procedures is dependent on the
methodology with which the procedure was developed and justified. An
ideal approach to the development and justification of a selection
procedure was derived from standard guidelines and operationalized in
the form of a comprehensive checklist. A psychometric audit on the
developmental history of the selection procedure for the selection of
commission advisors was undertaken. Various shortcomings were
identified and rectified or recommendations were made on rectifying
them. The audit found that the selection procedure had zero validity,
negative utility and discriminated unfairly.
Die geldigheid en geloofwaardigheid van uitsprake oor die
effektiwiteit en billikheid van 'n keuringsprosedure is 'n funksie van
die metodologie waarmee die prosedure ontwikkel en regverdig is. 'n
Ideale benadering tot die ontwikkeling en regverdiging van 'n
keuringsprosedure is uit standaard riglyne afgelei en
geoperasionaliseer in die vorm van 'n omvattende kontrolelys. 'n
Psigometriese oudit is onderneem op die ontwikkelingsgeskiedenis van
'n keuringsprosedure vir die keuring van kommissie-adviseurs. Verskeie
tekortkominge is geïdentifiseer en reggestel of aanbevelings ten
opsigte van regstelling is gemaak. Die oudit het bevind dat die
keuringsprosedure oor zero geldigheid beskik, negatiewe nutwaarde toon
en onbillik diskrimineer.
Practically significant relationships between two
variables
Steyn, H.S. (Jr)
Abstract: It is shown how effect sizes can be used to
establish whether relationships between two variables are practically
significant (important). This is done for populations as well as for
samples. Four cases are distinguished: When both variables are
nominal, both dichotomous, one dichotomous and the other on an
interval scale and lastly both variables on an interval scale.
Examples are given to illustrate the use of the suggested effect
sizes.
Daar word aangetoon hoe effekgroottes gebruik kan word om te bepaal
of verbande tussen twee veranderlikes prakties betekenisvol
(belangrik) is. Dit word vir populasies sowel as vir steekproewe
gedoen. Vier gevalle word onderskei: Wanneer albei veranderlikes
nominaal, albei digotoom, een digotoom en die ander op 'n
intervalskaal en laastens albei veranderlikes op 'n intervalskaal is.
Voorbeelde word gegee om die gebruik van die voorgestelde
effekgroottes te illustreer.
The development and validation of the
communicating-for-change questionnaire
Coetzee, C.J.H; .Fourie, L.; Roodt, G.
Abstract: The aim of this study was to develop and validate
a questionnaire that measures the effectiveness of communication
during organisational change interventions. A draft questionnaire was
completed by a sample of convenience comprising 521 participants. The
questionnaire contained 109 items in question format with a
Likert-type response scale anchored at the extreme ends. The data was
factor analysed and an iterative item analysis was executed. The
results yielded a single scale with a Cronbach Alpha coefficient of
0,99. It is concluded, therefore, that the conceptualised domain of
"communicating-for-change" could be measured successfully
through the use of the instrument developed in this study.
Die doel van hierdie studie was die ontwikkeling en validering van
'n vraelys wat die doeltreffendheid van kommunikasie tydens
organisatoriese veranderingsintervensies meet. 'n Konsepvraelys is op
'n geleentheidsteekproef van 521 deelnemers afgeneem. Die vraelys het
bestaan uit 109 items in vraagformaat met 'n Likert-tipe responsskaal
wat by die ekstreme pole geanker is. Die data is gefaktoranaliseer en
'n iteratiewe itemontleding is uitgevoer.Die resultate het 'n enkele
skaal met 'n Cronbach Alfa koëffisient van 0,99 opgelewer. Daar is
derhalwe aanvaar dat die gekonseptualiseerde domein van
"kommunikasie-vir-verandering" suksesvol met die instrument
wat in die studie ontwikkel is, gemeet kon word.
The measurement of work stress within South African
companies: a luxury or necessity?
Van Zyl, Ebben
Abstract: The measurement of work stress within South
African companies: a luxury or necessity? South Africans seem to be
experiencing various causes of and very high levels of stress. To
reduce the costs of stress within the South African organizational
context, more attention should be paid to the measurement of stress
which can serve as a starting point for the handling of stress. The
first step towards determining levels and causes of stress within and
outside the organizational context, is to acknowledge different
responses to stress across various cultural groups. Furthermore it is
important to see the measurement of stress as a process. Various
methods of measuring stress are discussed. Attention is also devoted
to the question as to which group to start with.
Suid-Afrikaners blyk 'n verskeidenheid oorsake van stres en baie hoë
vlakke van stres te ervaar. Om die koste van hoë stres binne die
Suid-Afrikaanse organisasiekonteks te verminder, is dit belangrik om
meer aandag aan die meting van die stres te gee wat kan dien as 'n
beginpunt om stres sinvol te hanteer. Die eerste stap in die meting
van vlakke en oorsake van stres binne en buite organisasieverband, is
om die verskillende response van die onderskeie kulturele groepe te
erken. Verder is dit belangrik om stresmeting as 'n proses te beskou.
Verskillende metodes van stresmeting word bespreek. Aandag word ook
gegee aan die vraag met watter groep begin moet word.
Fisieke aktiwiteit en uitbranding se verband met
die gesondheidstatus van vroulike bestuurslui
Dreyer, L.I.; Le Roux, E.C.; Loots, J.M.; Strydom, G.L.
Abstract: The relationship of physical activity and burnout
with the health status of female executives. The purpose of this study
was, firstly, to investigate the relationship between burnout and
health status. Secondly, the purpose was to determine the effect of
physical activity on the possible burnout-health-relationship.The
subjects included 278 female executives. The results indicated that
low burnout scores were concomitant with a good health status. The
results also indicated that physical activity had no influence on the
relationship between burnout and health status. Burnout, on the other
hand, showed a negative relationship with health status, independent
of the level of participation in physical activity.
Die doel van hierdie studie was eerstens om die verband tussen
uitbranding en gesondheidstatus by 'n groep vroulike bestuurslui te
bestudeer. Tweedens is ondersoek of deelname aan fisieke aktiwiteit
enige invloed het op die moontlike
uitbrandings-gesondheidstatus-verwantskap. Die proefpersone was 278
vroulike bestuurslui. Uitbranding toon 'n direkte en statisties
betekenisvolle (p(0.05) verband met gesondheidstatus. Hoe laer die
uitbrandingspunt, hoe beter was die gesondheidstatus van die
respondente. Uitbranding toon verder in die
tweerigtingvariansie-analise onafhanklik van deelname aan fisieke
aktiwiteit 'n statisties betekenisvolle (p(0.05) verband met
gesondheidstatus. In kontras hiermee het fisieke aktiwiteit by al drie
die uitbrandingsgroepe geen verband met gesondheidstatus vertoon nie.
Psychological strengths, coping and suicide
ideation in the South African Police Services in the North West
Province
Rothmann, S.; Van Rensburg, P.
Abstract: Relatively high numbers of suicides occur in the
South African Police Services. The objective of this research was to
determine the relationship between sense of coherence, generalised
self-efficacy, locus of control and coping on the one hand and suicide
ideation among police personnel on the other hand. The study
population (N = 287) consisted of uniformed police personnel in the
North West Province. The results showed that sense of coherence and
generalised self-efficacy are related to suicide ideation of police
members. A discriminant analysis showed that sense of coherence,
coping strategies and medical status correctly classified 81,48% of
participants who scored high on suicide ideation.
'n Relatiewe hoë getal selfmoorde kom in die Suid-Afrikaanse
Polisiediens voor. Die doelstelling van hierdie navorsing was om die
verband tussen koherensiesin, algemene selfdoeltreffendheid, lokus van
beheer en coping enersyds en selfmoorddenkbeeldvorming van
polisiepersoneel andersyds te bepaal. Die studiepopulasie (N = 287)
het bestaan uit polisiepersoneel in die Noordwes-Provinsie. Die
resultate het aangetoon dat koherensiesin en algemene
selfdoeltreffendheid verband hou met selfmoorddenkbeeldvorming by
polisiepersoneel. 'n Diskriminantontleding het aangetoon dat
koherensiesin, coping-strategieë en mediese toestand 81,48% van die
deelnemers met hoë tellings ten opsigte van selfmoorddenkbeeldvorming
korrek geklassifiseer het.
The effectiveness of a diversity awareness training
programme
Cavaleros, Colette; Van Vuuren, L.J.; Visser, Deléne
Abstract: The objective of this study was to assess the
effectiveness of a diversity awareness training programme. A sample of
382 employees from four different departments within a large
accounting firm was used to form the groups of a simulated Solomon
four-group design. The impact of a two-day workshop on diversity
awareness was assessed using a 68-item questionnaire designed to
measure awareness of self, impact of differences, performance
management, career development, teamwork, work-family needs,
participation, organisational culture, relationship building, and
general satisfaction with the organisation. The Minnesota Job
Satisfaction Questionnaire (20 items) was included to measure job
satisfaction. The results showed no evidence of a statistically
significant effect of the diversity awareness training programme.
Die doel met hierdie studie was om die effektiwiteit van 'n
bewustheid-van-diversiteit opleidingsprogram te bepaal. Werknemers uit
vier departemente van 'n groot ouditeursfirma het die groepe van 'n
gesimuleerde Solomon viergroepontwerp gevorm (N = 382). Die impak van
'n tweedagwerkwinkel oor bewustheid-van-diversiteit is bepaal met 'n
68-item vraelys wat ontwikkel is om bewustheid van die self, impak van
verskille, prestasiebestuur, loopbaanontwikkeling, spanwerk,
werk-gesinsbehoeftes, deelname, organisasiekultuur, ontwikkeling van
verhoudings, en algemene tevredenheid met die organisasie te meet. Die
Minnesota Job Satisfaction Questionnaire (20 items) is ingesluit om
werktevredenheid te meet. Geen statisties beduidende effek is vir die
bewustheid-van-diversiteit opleidingsprogram gevind nie.
'n Vergelyking tussen die
prestasiemotiveringsvlakke van verskillende rasse en geslagsgroepe
Meyer, J.C.; Braxton, W.T.F.
Abstract: A comparison between the achievement motivation
levels of different race and gender groups. This article reports on
research, which focussed primarily on the difference between the
achievement motivation levels of men and women, and between those of
white and black people employed by a life insurance company in South
Africa. The effect of a number of variables (gender, race, age, salary
progression, educational qualifications) on achievement was
researched. The sample of 240 was composed of 73 males and 167
females, and 146 white and 94 black people. Results suggested that
whites have a significantly higher level of achievement motivation
than blacks.
Hierdie artikel doen verslag oor 'n navorsingstudie wat in hoofsaak
gehandel het oor die verskille tussen die prestasiemotiveringsvlakke
van mans en vroue en tussen dié van blankes en swartmense werksaam by
'n lewensversekeringsmaatskapy in Suid-Afrika. Daar is ook ondersoek
ingestel na die effek van 'n aantal veranderlikes (geslag, ras,
ouderdom, salarisprogressie, opvoedkundige kwalifikasie) op
prestasiemotivering. In die steekproef van 240 persone was 73 manlik
en 167 vroulik, en 146 blank en 94 swart persone. Resultate het daarop
gedui dat blankes oor 'n beduidend hoër vlak van prestasiemotivering
as swartmense beskik.
Role salience of dual-career women managers
Naidoo, Anthony V.; Jano, Reyhana
Abstract: This study examines and contrasts the level of
role participation, commitment and value expectation that dual-career
women invest in contending work and family roles. While the 162
married women managers were found to participate significantly more in
the work role, they indicated greater commitment to and value
expectation from the home and family role. A significant positive
correlation between the commitment to the work role and commitment to
the home and family role suggests that dual-career women may
experience work and home as complimentary rather than conflicting
roles. For dual-career women, work salience and career salience were
found to be moderately correlated.
In hierdie studie word die vlakke van rol-deelname,
rol-toegewydheid en rol-waardeverwagting wat dubbelloopbaan vroue
onderskeidelik in die werk- en familierol investeer, gekonstrasteer.
Terwyl dit geblyk het dat 162 getroude vroulike bestuurders beduidend
meer deelneem in die werkrol, het hulle hoër toegewydheid en
waardeverwagtings teenoor die huis-en-familie rol getoon. 'n
Beduidende positiewe korrelasie is gevind tussen toegewydheid tot die
werksrol en toegewydheid tot die huis-en-familierol. Hierdie bevinding
suggereer dat dubbelloopbaan vroue hulle werk en familie-rolle as
komplimenterend eerder as konflikterend ervaar. Dit het verder geblyk
dat werkrolbelangrikheid en loopbaanbelangrikheid matig gekorreleer
is.
Australian and South African perspectives on the
implementation of flexible work practices (FWP): an exploratory study
Odendaal, Aletta; Roodt, Gert
Abstract: The purpose of this study was to identify examples
of good and innovative practices of Flexible Work Practices to
benchmark against and then to use the information to develop
strategies of implementation that will assist South African
organisations to emulate their success. One hundred-and-twenty (120)
individuals, representing different stakeholder groups were requested
to complete a questionnaire, based on an Australian study. Comparative
findings of both countries strongly confirmed variables that are
positively associated with the adoption and successful implementation
of Flexible Work Practices (FWP).
Die doel van hierdie studie was om voorbeelde van goeie en
innoverende gebruike van Buigsame Werkspraktyke te identifiseer ten
einde daarteen te kan vergelyk, en dan om hierdie inligting te gebruik
ten einde implementeringstrategieë te ontwikkel wat Suid-Afrikaanse
maatskappye kan gebruik om sukses na te volg. Honderd en twintig (120)
individue, wat verskillende belangegroepe verteenwoordig, is genader
om 'n vraelys, gebaseer op 'n Australiese studie, te voltooi.
Vergelykende bevindinge van beide lande bevestig veranderlikes wat
positief geassosieer word met die aanvaarding en suksesvolle
implementering van Buigsame Werkspraktyke (BWP).
The alignment between effective people management,
business strategy and organisational performance in the banking and
insurance sector
Kock, Ruwayne; Roodt, Gert; Veldsman, Theo H.
Abstract: The aim of the study was to determine the nature
of the alignment between people management effectiveness, business
strategy and organisational performance within the banking and
insurance sector in South Africa. From the field study, it was evident
that the majority of the participating companies fell short of people
management best practices and were therefore unable to support their
business strategies, which were in line with best practices. The
organisational performance data was insufficient to determine the
nature of the alignment between organisational performance, people
management, and business strategy. The South African banking and
insurance industry needs to realign their people management component
to support the appropriate business strategy and to produce a desired
level of organisational performance. A limitation of this study was
the small sample size, which may have had some effect on the
interpretation of the results. However, the sample represents a
significant proportion of the South African banking and insurance
sector. Although the magnitude and the direction of the relationships
are still unclear, the opportunity exists for further longitudinal
research.
Die doel van die studie was om die onderlinge verhouding tussen
mensbestuurs-doeltreffendheid, besigheidstrategie en
organisasieresultate binne die Suid-Afrikaanse bank- en
versekeringsektor te ondersoek. Die studie het duidelik gewys dat
toonaangewende bestuurspraktyke by die meerderheid van die deelnemende
organisasies ontbreek. Die mensbestuur was nie in staat om die
besigheidstrategieë te ondersteun nie wat wel met wêreldwye beste
praktyke ooreenstem. Inligting oor organisasieresultate was
onvoldoende om enige afleiding te maak. Mensbestuur in die
Suid-Afrikaanse bank-en versekeringsektor moet met die
besigheidstrategie belyn word om die verwagte organisasieresultate te
lewer. Die relatiewe klein steekproefgrootte was 'n tekortkoming in
die studie wat die vertolking van die resultate wesenlik bemoeilik.
Die steekproefgrootte verteenwoordig egter 'n hoë persentasie van die
Suid-Afrikaanse bank- en versekeringsektor. Alhoewel die omvang en
sterkte van die onderlinge verhoudinge nog onduidelik is, is die
potensiaal vir verdere navorsing wenslik.
Faktore wat die navorsingsproduktiwiteit van
universiteitspersoneel beïnvloed
Wissing, M.P.; Du Toit, M.; Rothmann, S.
Abstract: The objective of this research was to establish
which factors inhibit or facilitate research productivity of a
university as experienced by academics themselves. A survey design was
used. The study population included the total academic personnel of a
university (N = 457). A questionnaire was developed to
determine which factors could affect the research productivity of
personnel. A total of 237 completed questionnaires were received back.
The results showed that various factors, including limited time, job
overload and a lack of support, inhibit research productivity of
personnel. Relatively few participants attributed low research
productivity to a lack of own competence.
Die doel van hierdie navorsing was om vas te stel watter faktore
navorsingsproduktiwiteit van 'n universiteit belemmer en watter
faktore dit fasiliteer soos deur akademici self beleef word. 'n
Opname-ontwerp is gebruik. Die studiepopulasie het bestaan uit al die
akademiese personeellede van 'n universiteit (N = 457). 'n
Totaal van 237 volledige vraelyste is terugontvang. Die resultate het
aangedui dat verskeie faktore, waaronder gebrekkige tyd, oorlading en
'n gebrek aan ondersteuning die navorsingsproduktiwiteit van
personeellede belemmer. Relatief min deelnemers het egter
tekortkominge in hul bevoegdhede as 'n belemmerende faktor ten opsigte
van navorsingsproduktiwiteit geïdentifiseer.
|